Hoekom?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Ektoknbike

Race Dog
Joined
May 4, 2007
Messages
899
Reaction score
0
Location
Oppie plaas Worcester
Bike
KTM 950 Adventure
Ek boer op die grondpad tussen Villiersdorp en Robertson op die T waar jy wegdraai deur die berge. Dag vir dag en veral oor 'n naweek hoor of sien ek hoe die manne op hul DS bikes hier verby ry. :drif: :drif: :drif:
Ek wonder altyd wie dit kan wees en waarheen hy of sy oppad is :ricky:

So 'n maand of twee gelede het ek met 'n skok agtergekom dat alle WD's, DS bikers nie goeie mense is nie. Ek praat nou van daai 0.00001% van ons wat hom nie kan gedra nie. Die een met die Kaapse regestrasie met die WD plakker.

Hoekom? :mad:

As jy klaar jou bier voor my hek gedrink het los jy dit net daar vir my om op te tel.
As jy wegtrek, spin jy my gras sulke happe uit.
Wie gee vir jou die reg om by my, my buurman of enige boer se land of veld in te ry en so 'n bietjie te gaan "speel" soos jy dit noem.
Wie gee vir jou die reg om op my werksmense te vloek as jy langs die pad staan en hulle vra vir jou of jy hulp nodig het.
Hoekom maak jy ander mense, WD's, wat ook bikes het en hou van die natuur se naam so gat dat ons 'n slegte naam kry.

Verstaan my mooi, ek hou daarvan om mense te leer ken, saam met vriende te kuier, maar jy gaan nie jou slegte maniere hier in my vallei kom afdwing nie, iemand gaan seer kry en dit gaan nie ek wees nie.

Aan die res van ons 99.9999% WD's wat hier verby ry, stop, kom maak 'n draai, ek het koeldrank, bier, wyn en 'n mooi buurvrou.  ;D ;D ;D ;D






 
Top