'n Lekker stukkie vis in Houtbaai

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Colyn

Race Dog
Joined
Sep 4, 2007
Messages
1,295
Reaction score
0
Location
Nelspruit
Bike
BMW R1200GS
Nouja ... dinge gaan rof in ons besigheid en ek en Roan is omtrent elke week vir a dag of twee in Kaapstad. Iets wat my nogal opval is die ongewone groot aantal mooi meisies wat alleen rondloop. Ek wonder hoekom ... daar is rumours maar ek sal nie nou sommer my nek uitsteek nie.

Terug op topic ... Maandag middag besluit ons toe ... of liewer toe karring ek so dat Roan maar toegee en ons ry Houtbaai toe vir a laat middag ete. Ons vriend Marcelle is by en vertel van die helse lekker vis Take Away in Houtbaai. Wel dis toe waarheen ons mik.

20091110_MG_0937.jpg

Sterk oppad na die vis plekkie ...

Teen hierdie tyd water my bek al en ek wil van niks anders hoor nie ... net vis en chips en dis al.

20091110_MG_0940.jpg

Wow ... en dit proe net so lekker as wat dit lyk.

20091110_MG_0941.jpg

Natuurlik moet daar ook a seemeeu in wees as jy van Houtbaai praat.

20091110_MG_0949.jpg

Nogal interresant om te sien hoe die toeriste met die meeue aangaan.

Dis a pragtige omgewing en ek het my gate uit geniet met my kamera. Orals waar ek gekyk het was daar shots en volgende keer gaan ek verseker bietjie groter artillerie saamvat.

20091110_MG_0950.jpg


20091110_MG_0951.jpg

 
Top