Die AMI! toer.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Beltzer

Race Dog
Joined
Sep 18, 2007
Messages
752
Reaction score
1
Location
Wolmerboom Suid
Bike
Honda TransAlp XL700V
Die AMI toer - 2009

Deel 1 van 4


Die Oorsprong
Dit het begin met ‘n brannas of 2 by Aandklas baie lank terug, waar meeste van ons planne begin, gelukkig sterf baie van hulle as ons te getrek raak om te bestuur en dan die volgende dag opstaan met ‘n hangover.

Die Plan
Riders: Ekke en Widget, my Nigeriese kennis.
Area: Oos Vrystaat
Tydens: 22 tot 26 Oktober 2009
Bikes: TransAlp x 2. Een ou 600 en een nuwe 700.
Kit: Vars onderklere en ‘n tande borsel.
Km’s: +/- 1500km

Die bikes:
Ou TA: (Bliksem!! sin) en die nuwe TA (Widget sin)
Mods:
Ou TA : zorst, fatbars, risers, zeta hand protectors, belly plate, homemade screen
Nuwe TA: stealth zorst and cat removed , belly plate, risers, aftermarket adjustable screen

Pic01.jpg


Dag 1

Vroeg van die werk af gekry Donderdag. Ons sou gou gou deurskiet Suckunda toe en daar oorslaap by ‘n ou vriend van my. Dit het goed gegaan vir so 15km todat dit woes begin reen het. Ons moes in Bapsfontein, in die bar wag todat die reen ophou, net toe ons besluit he tom iets maar daar te eet, toe moer die weerlig die krag uit. Dit was nie nice nie, ons was nat en koud en honger. Toe vat ons maar ‘n brannas om warm te word. AMI!  

pic02.jpg


pic03.jpg


pic04.jpg


Die reen het eventually opgehou en ons kon weer 19:30 in die pad val. Ek het nooit geweet dis so aaklig om in die nag bike te ry nie, veral op die R50.
Daar gelukkig geen insidente op pad nie en ons het so 21:00 in Suckunda aangekom, heeltemaal te laat vir die drankwinkels en om te braai. Gelukkig kan mens drank in Trichart koop tot laat in die aand. Die honger was gestil met ‘n Kentucky Zinger en ‘n paar hoender stukkies. AMI! Die res van die aand was history met die eerste brannas wat gedrink was. AMI!


Dag 2


Vroeg vroeg op die bikes gespring en deur St.Anderton gery. Van daaraf oppad Vrede toe by die eerste grondpad afgedraai in die Vrystaat ooste toe.

pic05.jpg


pic06.jpg



Ons het so paar kilos gery en met die geskud van die grondpad en die vorige aand se brannas moes ons gou maar in die Vrede se rigting draai.  AMU! Van daar af het ons besluit ons het al genoeg gewone grondpaaie gery en dat ons die teerpad gaan vat om by die passé uit te kom. Ons het op die R34 gekim en deur Memel en afgedraai by die grondpad buit Memel na Normadien pas toe.

pic07.jpg


pic08.jpg


pic09.jpg


pic10.jpg


Dis rerig ‘n nice plek en gewoontlik ry mens deur die Vrystaat see toe met ‘n moerse spoed. Hierdie is rerig ‘n area wat glad nie waardeur word nie, daars alles wat ‘n dualsport bike eienaar soek, grond paaie tussen die berge deur waar mens kan vinnig ry en die wat jy moet stadig vat.

pic11.jpg


pic12.jpg


pic13.jpg


pic14.jpg


pic15.jpg


pic16.jpg



Normadien pas is rerig nice, daars ‘n uitkykpunt waar mens tot more kan sien.

pic17.jpg


pic18.jpg


pic19.jpg


pic20.jpg


Ons was Pas af en bietjie rondry deur Natal en weer op met Collins pas.

pic21.jpg


pic22.jpg


pic23.jpg


pic24.jpg


pic25.jpg


pic26.jpg



Blommetjies

pic27.jpg



deel 2 volg
 
Top