Gaa ons maar weer met die soldate staaltjies. Ons praat van die Stalin orrels, etterige wapen gewees daai.
As jong offisier, het ons n eskadron sersant majoor gehad met die naam van Leon Knoetze(Bynaam Cuca Knoetze) Hy was 1 dag onder die prop gewees en het natuurlik n Cuca Shop met n Casspir in sy moer gery, vandaar die bynaam.
Op Ruacana, het Swapo met klaarstaan besluit om die plek vir ons n bietjie warm te maak met n ou rooi ogie of 20. Cuca Knoetze het met teetyd nie tee gevat nie maar ietsie beters, julle verstaan, so hier laat in die middag was die man se giro al goed gevok.
Een van die troep sersante met die naam Spikkels Terblance, stout etter wat hy was(RIP), het besluit om n trick op ou Cuca te trek. Cuca as die 9F(echelon), het natuurlik altyd die beste gehad(drank ingesluit). Spikkels sneak toe in die man se tjopper tent in terwyl Cuca fles vat,knoop die man se "Tank ovie" se mou en pype.
Toe die rooi ogies val, toe hol Cuca virrie tjopper tent met 1 missie, die "Tank ovie" moet aan.
Ons is ok gate toe maar al wat ons uit die tjopper tent hard en duidelik kon hoor was "Spikkels Terblance, jou Po@%$#*!%....................S
Die "Tank ovie" het daai dag fokkol gehelp nie