Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Wes-Kaap vakansie dag-trippie  (Read 635 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline ChristoffGS

Wes-Kaap vakansie dag-trippie
« on: January 06, 2010, 10:12:42 am »
Ek, my pa (Andrie), 2 van my ooms (Louis en Apie), my neef (Abri, 'Staaldraad' op die forum) en nog 'n mede 'biker' van Heidelberg (Boetie) het besluit om Sondag die 27ste Desember so 'n draaitjie in die omgewing te gaan ry.  Louis het ons Saterdagaand gebel en daar is afgespreek dat ons mekaar 06h30 by die Blombos afdraai net voor Jongensfontein sal kry.  Apie en Abrie hou vakansie op Jongensfontein en Louis op Stilbaai.  Dit het dan beteken dat ek, my pa en Boetie so 05h30 mekaar by die BP op Heidelberg ontmoet het  waarvandaan ons toe die stukke ingesit het Jongensfontein toe.  Presies 06h30, na 'n vinnige op-top by die Engen op Stilbaai, kry ons toe die ander 3 waar hulle staan en wag by die Blombos afdraai.

Ek op my F650GS, my pa en Apie beide op Dakars, Louis met sy R1200GS, Abrie met sy GSA en Boetie op 'n Varadero.

Bande is bietjie sagter gemaak en ons het in die pad geval.  Vir die van julle wat nog nie die Blombos-pad gery het nie, ek dink nie daar is 'n beter voorbeeld van 'n 'gravel highway' nie.  Ons het aangehou met die Blombos-pad tot by 'n T-aansluiting waarna ons regs gedraai het na Vermaaklikheid.  Net buite Varmaaklikheid is ons links oppad na Witsand.  Pragtige paaie.  Dit was op hierdie stukkie wat Louis vir 'n muishond 'n Heidenau-tattoo oor sy rug gegee het...

Hierdie pad sluit aan by die teerpad wat die N2 met Witsand verbind, ons is toe links op die teerpad en by Witsand weer regs op die grondpad wat na Malgas loop.  By Malgas is ons oor die pond.  Apie was baie opgewonde siende dat dit sy eerste keer op die pond was - en dit dan nog op 'n motorfiets ook!

Vanaf Malgas is ons via grondpaaie na Swellendam.  Daarvandaan via die N2 na Buffeljagsrivier vir 'n vinnige 'fuel-stop' en toe links afgedraai Suurbraak toe, oor die Tradouws Pas na Barrydale waar ons 'n heerlike brunch by die pampoen plek geniet het (Die van julle wat al ooit op Barrydale was sal weet van watter pampoen plek ek praat, as jy met 'n motorfiets daar aankom kry jy 'n gratis glasie soetwyn en die koffie is ook op die huis.  'n Mens kan nie deur Barrydale ry sonder om daar aan te gaan nie!).

Na die brunch is ons via R62 in die noordelike rigting.  Seker so 20km later regs gedraai, oor Gysmanshoek Pas, verby die Korinterivierdam na Riversdal.  Dit was die eerste keer dat ek en my pa oor Gysmanshoek ry - definitief nie die laaste nie.  Nadat Louis ons ge-stick het vir 'n cone by KFC op Riversdal is ons weer via grondpaaie deur 'Die vlakte', al langs die rivier na Stilbaai.  Boetie moes gaan melk, so hy het toe sommer van Riversdal af N2 langs teruggeskiet Heidelberg toe.

Na 'n lekker koffetjie op Jongens is ek en my pa weer met die Blombos-pad, deur Vermaaklikheid, Oudemuragie langs Heidelberg toe.  Als en als was so 520km sonder enige ongevalle of pap bande.  Vir 'n beter vakansie dag-trippie kon ons nie vra nie.

'n Paar fotos:


Ek, my pa en Boetie 05h30 by die BP op Heidelberg


06h30 by die Blombos afdraai net voor Jongensfontein


Besig om grappe te maak terwyl ek my pa se Dakar se bande check


By die T-aansluiting voor Vermaaklikheid


Stop vir ontbyt langs die rivier


Lekker koffie en toebroodjies


Apie met my pa in die agtergrond net voor die afdraai op die stukkie teerpad na Witsand


Witsand, afdraai na Malgas

Die pond by Malgas


Almal aan boord


Afdraai op die N2 voor Swellendam


BP op Buffeljagsrivier


Wag vir brunch by die pampoen plek


Versadig en besig om aan te beweeg


'n Baie nuwe, baie geel GSA, onbekende drywer


Gysmanshoek Pas met Boetie in die verte


My pa in Gysmanshoek


Terug op Heidelberg, twee baie vuil fietse


Daarshy, weer mooi blink en gereed vir die volgende avontuur!

PS:  Vir die souties wat nie so lekker die boeretaal verstaan nie, vra maar vir 'n vertaling  ;)
« Last Edit: January 06, 2010, 12:31:09 pm by ChristoffGS »
"It's all just about motorbikes, it always has been, it always will be..." - Ewan McGregor
'81 Honda CG125
'81 Honda CX500 - *sold*
'03 BMW F650GS
 

Offline DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,851
  • Thanked: 973 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: Wes-Kaap vakansie dag-trippie
« Reply #1 on: January 06, 2010, 10:30:37 am »
Lekker Suid Kaap trippie. :thumleft:
Julle moet tog groot asb my fiets kom was as julle eendag verveeld is!! Ek weet nie hoe julle die fietse weer so blink kry.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline GO GIRL

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,512
Re: Wes-Kaap vakansie dag-trippie
« Reply #2 on: January 06, 2010, 10:35:07 am »
Hey Chris a day trip like that just AWSUM stuff.... :thumleft: just to get the soul refreshed for the new year....

I am good at cleaning my Beast..... but you may have the pleasure of doing your
own..... :biggrin:
 

Offline Excalibur

Re: Wes-Kaap vakansie dag-trippie
« Reply #3 on: January 06, 2010, 12:25:48 pm »
Lekker een Christoff. Moet tog asseblief nie die mooiste taal innie wereld so seermaak(translasie)nie. Noem dit sommer n "vertaling" ;D ;D :thumleft:
 

Offline ChristoffGS

Re: Wes-Kaap vakansie dag-trippie
« Reply #4 on: January 06, 2010, 12:31:58 pm »
Lekker een Christoff. Moet tog asseblief nie die mooiste taal innie wereld so seermaak(translasie)nie. Noem dit sommer n "vertaling" ;D ;D :thumleft:
Regso, dis ge-fix!  :biggrin:
"It's all just about motorbikes, it always has been, it always will be..." - Ewan McGregor
'81 Honda CG125
'81 Honda CX500 - *sold*
'03 BMW F650GS
 

Offline Martin-DR650

  • Adventure Seeker
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,946
  • If you ain't FIRST you LAST!
Re: Wes-Kaap vakansie dag-trippie
« Reply #5 on: January 06, 2010, 01:30:51 pm »
Lekker Trippie man! :thumleft:

Daai bike van jou lyk darm 'n bietjie kaal!
-Dakar stiker teen die kante van die tanks
-Ek like die screen :pot:(lyk beter as jou pa se fiets!)haha
-En kry vir jou shock protectors,

dan is daai bike reg! :mwink:
Too much of a good thing can be wonderful !
 

Offline fat b

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,984
  • Thanked: 3 times
  • BMW R 1150 GS ADVENTURE
Re: Wes-Kaap vakansie dag-trippie
« Reply #6 on: January 07, 2010, 10:26:08 am »
 :thumleft:

 THE CHALLENGE MAY NOT BE EASY , BUT IT'S NOT IMPOSSIBLE.
SO MANY PLACES, SO LITTLE TIME !

MOSSEL BAY
 

Offline ChristoffGS

Re: Wes-Kaap vakansie dag-trippie
« Reply #7 on: January 07, 2010, 10:29:36 am »
-En kry vir jou shock protectors,


Shock protectors is definitief op die lys.  Sal maar opsit wanneer die forkseals vervang moet word - wat op die 650's gewoonlik op so 20 000km is...  Myne staan nou op 15k, so nie meer te ver nie.
"It's all just about motorbikes, it always has been, it always will be..." - Ewan McGregor
'81 Honda CG125
'81 Honda CX500 - *sold*
'03 BMW F650GS
 

Offline mrhyde

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,054
Re: Wes-Kaap vakansie dag-trippie
« Reply #8 on: January 07, 2010, 10:30:33 am »
nice man!