Kyk kerels
dis dikwels baie moeilik om te onderskei tussen n probleem wat die bike gee, en n probleem wat veroorsaak is deur n nalatige persoon wat aan hom by n diens gewerk het.
My adventure is nou 8 jaar oud, 70 000km oppie klok. Ekt hom gekoop op 58 000, enigste probleem in my hande, die worm gear op die voorwiel wat die spoed meet. Expensive!!!!!!! Maar ek kannie bewys of dit wear en tear is en of dit iemand was wat hom seergemaak het toe hulle bande omgeruil het nie.
Op die oomblik het ek n diff wat lek, hulle se vir my daars twee seeltjies, een tussen proshaft en diff (R300 labour), een tussen gearbox en proshaft(R 1500 labour). watter een dink julle het gekalf? weet julle hoekom? want my ratkas en diff is met met my 60000 diens moer toe te vol gegooi. Toe ek by hulle aankom om die olie te check omdat dit lek, toe suig hulle sommer nog uit. Die skade is klaar gedoen. Hoe het dit overfill gekry? die bike op sy sy gegooi?
Eks nou sommer die moer in. Ekt spesiaal n BMW gekoop omdat dit n shaftdrive het, soms wens ek ekt n KLR gery.
Oja, ek belowe ek sal alle probleme openbaar aan my mede wille honde.