Very biker friendly

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Mernell

Pack Dog
Joined
Jan 13, 2010
Messages
58
Reaction score
0
Location
Ceres
Bike
Honda XL1000V Varadero
Hi fellow dogs....
Ek is besig om n kleinhoewe 4km buite Ceres reg langs die pad tussen Ceres en karoo poort te koop om te omskep in n very biker friendly overnight self catering chalets! Beplan als rondom dual purpose bikes met toesluit garages, bike skoonmaak plek met hoedrukspuit ens, braaie en diesmeer. Hout altyd gratis beskikbaar en sal tot braaipakke verkoop en kan jou drank aankope vir jou doen voor jy kom sodat die dual sport biker net sy klere saambring. Beplan selfs om di toerusting te kry om bande te vervang. Wasmasjiene en droers ook beskikbaar. Elke chalet sal toegerus wees met n lugversorger, stoof en oond en DSTV. n Backup voertuig sal daar ook wees indien nodig. n afdeling om te kamp is daar ook met krag en toilet geriewe vir die manne wat verkies om tent op te slaan!

Alles word beplan met die DS rider ingedagte sodat hy/sy n Vrydag aand na werk kan deur ry en dan vroeg die saterdag oggend op die gravel kan wees( karoopoort is 30km)  :ricky: . Ceres is slegs 4km waar jy kan inkopies doen of gaan uiteet.

Als is in die begin staduim so enige idees sal welkom wees. Ek plaas dit hier want ek wil graag die belangstelling sien van ons dual sport gemeenskap voor ek die kapitaal uitle om als so dual sport intensief te maak as moontlik. Alle idees en kommentaar baie welkom!

Baie, baie dankie!
 
Top