Hiervandaan na Mosselbaai....

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

NIMMO

Race Dog
Joined
Jun 16, 2009
Messages
3,265
Reaction score
334
Location
Colesberg
Bike
KTM 990 Adventure
Liewer laat as nooit:

Dit is die oggend van 7 Oktober 2009 en regdeur die huis is dit doodstil, behalwe vir een pa van 2 wat van oor tot oor glimlag terwyl hy sy al sy panniers wat al dae lank regstaan begin aandra na sy blinkgewaste fiets. Pappa tyd begin vandag…

@07H30 is als gelaai en is die ander 2 wat saamry (Hennie - my pa 66, op sy 1200 GS en Ernst 59, op sy 1200GS) reeds hier by my huis.

Weg is ons...    nee wag my pa het sy reflective vest vergeet, eers dit gaan haal.

OK weg is ons......

Roete van Colesberg oor Middelburg na George

Eerste stop Jagtpoort padstal net voor Loodsbergpas, uit met die koffie...

GL002.jpg

GL002.jpg


Terug in die saal op pad na Graaff Reinet

Nie ver voor Graaff Reinet nie besluit Ernst wat voor ry dit is tyd vir ‘n pitstop en flikker aan daar gaan hy.  Aai, aai ek wat lekker ver terug is kan die afdraai maar net verbyskiet en wens ek het ook ABS.  Mental note: moet verder agter hom ry in vervolg.

Die waterpille werk ‘n man darem lyk dit my…
IMGP9078.jpg


En daar trek ons weer, deur Graaff Reinet reguit op pad Willowmore toe.
By die Beervlei dam (wat nie ‘n dam is nie) stop ons. Hennie vertel toe dat sy bike voel asof hy sy neus laat sak het en nou trek hy met tye nie lekker nie…MMMM
Dooie plug, vuil brandstof, petrolpomp?  Ons ry maar tot op Willowmore en daar sal ons besluit hier kan ons niks doen nie…

IMGP9081.jpg

IMGP9080.jpg


In Willowmore aangekom besluit Hennie dat daar nie verder gery gaan word nie, en wag vir dit alle KTMmers BMW on call word gebel en ‘n recovery word van Graaff Reinett gestuur….
Ons maak toe maar vol en beweeg toe maar oor na die Royal Hotel daar vir bietjie kos ens.
Dink wat jy wil, maar ek het nêrens nog so ‘n lekker burger en skyfies gekry soos daar nie. 

IMGP9082.jpg

IMGP9083.jpg


Na hulle laat weet het die recovery is op pad het ek en Ernst in die pad geval, help tog nie ons wag en kom ook donker eers daar aan nie. Glentana toe…
Die Kammanasieberge was aan die brand en jy kon die hitte tot op die pad toe voel.
GL003.jpg

GL004.jpg


Outeniquapas

GL006.jpg

GL008.jpg


Glentana toe.  Gelukkig ek het ‘n skoolvriend in Mosselbaai en is eers deur soontoe om ‘n bakkie te reël om Hennie later die aand by BMW op te tel.  @20H00 was hulle daar en kon ons hom laai (Bike by Lynn Schroeder?)
Terug Mosselbaai toe, eet en terug Glentana toe om te gaan slaap.

Eerste dag verby en almal uitgeput na al die drama..
My bike staan in Mosselbaai, Hennie s’n in George en Ernst in Glentana.

Volgende dag 8 Oktober 2009

Almal in die bakkie George toe om te hoor wat is fout met die GS.  Valves en silinder gebrand.
Volgens die agente daar is daar valves beskikbaar, maar geen head in die land nie.  Dit is mos gewoonlik andersom?  Verder verwyl ons toe ons tyd in George en dit is toe dat Ernst besef sy battery gaan dit dalk nie maak nie.  Ek Jou MA n’ versoek en siedaar  Excaliber pm toe Y nommer en daar gaan hy om ‘n bekostigbare battery (nie BMW) te gaan bestel by Yamaha (goeie diens gekry daar).

Hennie is uit en sal dalk per bus moet terug as hulle nie ‘n kar vir hom het nie, maar ek en Ernst gaan more Prins Alfreds pas ry …

9 Oktober 2009

Vroeg is ons reed in die pad op pad George toe sodat ons eers ‘n deel van die sewe passe pad kan ry, Wildernis en dan N2 deur Knysna na die pas toe.

GL009.jpg
 
GL010.jpg

GL011.jpg

IMGP9091.jpg


Deur Knysna nou die Prins Alfredspas
Ek is nie vertroud met al die name nie, maar dit was ‘n belewenis om dit deur te ry.
Houttrokke is ‘n groot faktor en moenie te veel gas gee nie, want jy weet nooit wat is om die draai nie. (my eerste keer hier). Dit voel amper nie reg om ‘n RR te skryf oor iets wat die plaaslike ouens as vanselfsprekend beskou nie, dit is net daar…
Die is meer fotos as storie…

IMGP9092.jpg

IMGP9093.jpg

IMGP9094.jpg

IMGP9095.jpg

IMGP9096.jpg

IMGP9097.jpg

IMGP9099.jpg

IMGP9101.jpg

IMGP9103.jpg

IMGP9103.jpg

IMGP9104.jpg

IMGP9105.jpg

IMGP9106.jpg

IMGP9107.jpg

IMGP9108.jpg

IMGP9109.jpg

IMGP9111.jpg

GL022.jpg

GL024.jpg


By Avotuur besluit ons om die ou Montaqu pas om terug te ry George toe, self ‘n baie mooi stukkie van die land.
IMGP9112.jpg

IMGP9114.jpg

IMGP9115.jpg


Terug in George en by Hennie vind ons toe uit hy het die BMW agentskap in Upington gebel en gevra hulle moet kyk of daar parte is in die land en wragtig daar is …..Wie jok nou oor parte?
Hy het LS in George gebel en gesê daar is parte en dat hulle ‘n kans vat as hulle sê daar is nie.  Skielik kon hulle hom help en @ die middag was sy bike weer reg….
+/- R39000 onder waarborg. EISH…

Ek wil eerder nie iets verder hieroor sê nie….

10 Oktober 2009

Almal is nou reg en nou is dit Herbertsdale toe al met die grondpaaie langs vanaf Glentana

IMGP9116.jpg


By die Oudshoorn pad draai ons regs en is gou Eight Bells toe vir ‘n lekker ontbyt.

IMGP9117.jpg


Mage vol en hier gaan ons…

IMGP9119.jpg

IMGP9120.jpg

IMGP9121.jpg

IMGP9122.jpg

IMGP9123.jpg


Mosselbaai om na Glentana toe.

GL030.jpg


Vroeg die oggend van die 11 de is ons reg om te ry, enigste ding is dit reën katte en honde.

Baai George, hallo Colesberg
Dit het van begin tot einde gereën.

IMGP9125.jpg

IMGP9127.jpg

IMGP9128.jpg

IMGP9129.jpg

IMGP9130.jpg

IMGP9131.jpg


Ek moet my Rallye Pro pakkie die eer gee, nie ‘n enkele druppel deur nie en ek het kurkdroog by die huis aangekom.

Dankie aan Hennie en Ernst dit was lekker om saam met julle te ry.  Tot ‘n volgende keer.



 
Top