Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: AMWI Toer  (Read 310 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Beltzer

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda TransAlp XL700V
    Location: Gauteng
  • Posts: 752
  • Thanked: 1 times
AMWI Toer
« on: March 25, 2010, 09:56:40 am »
Na die suksesvolle gebeure wat as die AMI (http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=40752.0)  toer bekend gestaan het, het ons dadelik begin beplan aan die AMWI toer. Wel die definiesie van ons beplanning vir ons is om 'n paar brannas te drink en te praat watter wind rigting ons gaan inslaan. Die besluit is geneem... Noorde toe. Ek het op die site onder "Planning a ride" vir voorstelle gevra maar niks gekry nie. So ons was Limpopo in met'n paar skoon stelle onderklere en 'n kredietkaart.

Ons het vir die naweek so 1335km afgelÍ. Hierdie keer baie meer grondpaaie, wat nice was.

Ekke en Widget



Ons plan was om maar Donderdag te ry dan is ons darm Vrydag in die Limpopo province.

Dag 1

Eerste Smoke break langs die N1 tussen Pienaarsrivier en Warmbad (Bela Bela)



Ons het in Warmbad aandgekom en opppad Nystroom toe het ons by Klein Kariba kampeerterrein in gegaan en 'n nice tenthuisie gekry om in te bly.

Tenthuisie:





Deel van ons verversings, Ystervarkslagysters



Ons aandete, Vleis: Tbones en vir Slaai: wors



Die party (let op hoeveel tekiela in die wynglas gegooi word - ons was die res van die naweek spyt)










Dag 2

Die volgende oggend het on side grond paaie geslaan!
die fotos is geneem tussen Warmbad en Vaalwater




























Middag ete by Vaalwater




Die pad van vaalwater af na Ellisras, ons het deur die Kwalata Natuurarea gery en die eienaar ontmoet wat vir ons 'n nice paaitjie gewys het om te ry. Die paaitjies was nice, verskillende soorte grond, van lekker vinnige dele na los klippies.

































Die pad hier was vol klippies wat nogal glad is:



Die bosveld is darm maar 'n mooi plek:









Widget met sy XL700v:






Net toe ons in Ellisras inry toe kry ons die eerste flat, wel met nadere ondersoek en vorige fotos het ons gesien die band was al lank al besig on pap te word. Hy het nou 8000km op die tyres, dit hou nogal lank.




Ons blyplekkie in Ellisras Vrydag aand, en ja ons het die beddens uitmekaar uit geskuif.





Die plaaslike wild:







Moerse gogga:



Ons chow: Tbone natuurlik, met chips en vir slaai: brannas





Beplannig vir die volgende dag:



Dag 3

Ons het grens toe gery by Globlers Brug en hierdie daar gesien, dis Aussies wat oppad Rusland toe is. Te pragtig ge-kit met al die oranje goedters. die donkie en die mule of iets.com






Ons het toe die grondpad gekies van daar af tot in Alldays. Naby Graaff Reinet verby :)
My nog steeds amaize hoeveel verskillende soorts grond en oppervlaktes daar is, even waterplasse.









Even zanzibar:










Nice Kremetart boompie:







By Alldays by At-se-gat ingeboek daars even local bikers daar wat nogal entertaining was





Die fauna en flora daar.







Die bar, black labels en natuurlik T-bones (awesome tbone if i may add).












Dag 4

Die volgende dag se rit het baie leker begin, die paaie was awesome, soos tevore party lank ander stadig. Ek gaan met die volgene geleendheid weer soontoe, dis die area waar ek hoort.













Nog 'n moerse gogga, hulle word nie so groot in Pta nie.




Nie dat ons wou nie, maar hulle laat nie bikes in nie. Seker bang die lie-on vang ons.




Plase in die distrik, moer mooi tamaties en mielies.










Toe kry ons die 2de flat, in die vlakte tussen niks en nerens, en ons het natuurlik al die tyre repair kit goed wat mens nodig het. Moedeloos het ek maar gewag terwyl widget gaan hulp kry het. Ek moet se die mense op daai plase is verskriklik vriendelik, die een boer het even kom kyk met gy GS of ons al reggekom het. Maar ja dit was seker 3 ure se  wag in die son en die son is warm daar noord.







Toe het ons die laaste van die gronge gery met 'n 3bar voorwiel, ek wou nie verder lol nie.

Nice garage tussen erens en Musina. en nog fotos van die teerpad en die area.









Ons het 'n draai gemaak by Beitbrug (Of Bitebridge soos Lovemore dit noem) om vir Lovemore Sebanda te soek. daar kom iets soos 2000 zimmies deur beitbrug per dag, legally!

Oppad van Musina na Louis Trichartd.









Sal like om met die bike die ou paaitjie te ry:



Ons blyplek in Louis Trichartd, Cloud End. Nice plekkie.








Die kos met 'n kaas bord vir nagereg. let op, ons het groete gekry!





Dag 5

Die lang boring pad terug van Lious Trichartd tot in Pta.

Weer terug, moeggery in BelaBela vir 'n koue biertjie.



Terug in Pta, het ons natuurlik 'n koue brannas gaan soek...

My gaar bootse en battery suur op my broek.



Agter 'n brannas is die volgende toer bespreek... AMDI!




Auf Wiedersehen

« Last Edit: March 25, 2010, 10:15:46 am by Beltzer »
Wolmerboom Suid
 

Offline GO GIRL

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,512
Re: AMWI Toer
« Reply #1 on: March 25, 2010, 04:44:10 pm »
looks like you guys planned to ride for the best T Bones on offer... :biggrin:

And you just could not get away from Alma..... :D

Nice RR guys a really nice trip to break away.... :thumleft: and glad you took time to stop n smell the roses... :thumleft:
 

Offline Gee S

Re: AMWI Toer
« Reply #2 on: March 25, 2010, 07:09:44 pm »
Very nice RR! I just had dinner and those T bones made me hungry again. :P
All that wander are not lost