One Man's perspective of a training weekend

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Mark Hardy

Grey Hound
Joined
Jul 31, 2006
Messages
9,386
Reaction score
0
Location
Gauteng
Bike
KTM 950 Adventure
Jurgen joined us for some Dual Sport training at Hekpoort 2 weekends ago. This is his story.....ENJOY. I will load some photos later.

Hekpoort May 2010 Training.
Written by Jurgens Strydom.



Camp Site at Arrival
Toe ek my Vrydag aand bevind op die pad na Pilaansberg, het ‘n stemmetjie vir my geskreeu:  “Jy is oppad Pilaansberg toe!!!!!”   “Maar my GPS, se dan dis nog 64km voor ek weer moet afdraai na die kampterrein naby Hekpoort...?”   Wel, as die pad bordjies EN ‘n “stemmetjie” dieselfde ding skreeu, dan is die GPS waarskynlik verkeerd...!

Saturday Morning.
Na 5km besluit ek om my lewe te waag en ‘n U-turn te maak in die pik donker met karre se ligte wat my verblind.  Ek navigeer myself toe terug na Hartbeerspoort dam en op ‘n veilige plek en bel vir Michael om te vra wat die formaat is van die koordinate op die inligtings email. ‘n Uur later “duck walk” ek myself op die sand pad tot by die kampterrein waar almal om die vuur sit en kampstories vertel.   Wat ‘n verligting om bekende mense te sien wat ek nog nooit gesien het nie.  Marc en Judy (instrukteurs): Ek sien hulle ry Dual purpose motorfietse, en dadelik ken ons mekaar.  Ons praat dieselfde taal.  Na lank kuier langs die vuur, slaan ek my tent op, en skielik is hier ‘n vreemde stem wat my help. Die stem se naam is Jandes. Eers die volgende dag toe die son opkom kon ek sien hoe lyk Jandes.  Ek moet erken, dit was ‘n baie welkome daad, baie dankie Jandes.
Saterdag oggend word ek wakker toe dit nog nag is en ek sien deur my tentseil die flikkering van die kampvuur. Ek wikkel myself uit die tent uit en om die vuur vind en vir Judy en Marck, Michael en Oom Hardste.  Willie wat buite onder die sterre geslaap het kom soek ook hitte by die vuur. Daar sit ons in die donker net voor sonop met ‘n beker koffie en beskuit en beplan ons volgende “bike trip”. Uit die kombuis tent, dring die geure van gebraaide spek wat Michael, Christa en Falsh, (hulle helper) besig is om voor te berei vir ontbyt.  Vir ‘n oomblik wens ek die son moet asb net so ‘n uur langer talm, want daai oomblike in die vars oggend langs die kamvuur kan mens nie met geld koop nie.
 .
‘n Jakkals tjank sommer net hier naby die kampterrein en Michael probeer dieJakkals kan raak skyn met sy flits.  Een van die mak donkies laat ook van hom hoor en sy hartseer gebulk ruk in my, want ek dink by myself:  “Ek het ook al so hartseer gevoel in my lewe”.  Maar nou sit ek hier langs die vuur saam met vriende en my beker loop oor.   Tog is daar ietsie wat kriewel in my ruggraad, want ek weet:  “Vandag is die dag wat ek my dinges gaan los val in daai dik sand!!!!...”

The Sand Pit 
Na ontbyt kom ons bymekaar en Johan gee vir ons ‘n lesing oor motorfietse. (Vreemd dog ek... Ons kan mos almal al motorfiets ry...??)  Onderhoud, Padveiligheid, Balans, kontroles, hoe om jou fiets op te tel, (vir die wat hou van val) hoe om met 2 vingers jou clutch en voor rem te beheer, hoe om te staan dat jy beheer oor jou fiets het, en hoe om nie jou bike te “rev” en jou buurvrou te prober beindruk met jou nuwe duur acropovic uitlaatpype se vermoe om die bose geeste te verjaag nie.    En ek wonder by myself:  “Hoe gaan dit alles my help om deur dik sand te kan ry?” Die hele dag kry ons  verkillende lesings en ons doen praktiese oefeninge elke keer.  Balans, “Clutch en Throttle control”.  Oor en oor.  Aan die einde van die dag is ons poot uit en moeg vir Judy se “Look up” en Marc se “Two fingers ONLY” geskreeu!!  Later sou ek uitvind, dat hulle dit nie sonder rede doen nie...!  (Want ons luister nie)  Ek was terleurgesteld dat ons nog geen sand ry oefeninge gedoen het nie, totdat Johan vir ons uit wys, dat ons “al die hele dag lank al in sand ry, en ons kom dit nie eers agter nie....”
Sondag oggend:  VANDAG is die groot dag wat ek my stopsels gaan los val, dink ek, want vandag doen ons die dik sand lesse....  En my hart klop vinniger....  Johan gee weer vir ons ‘n oorsig van die vorige dag se lesse en ons ry ‘n “follow the leader” roete agter hom aan oor berge en dale, en Jydy skreeu: “Look up!!” en Marc skreeu: “Two fingers ONLY”....  tot by die berugte sandpit. Daar wys Johan vir ons hoe ons alles wat hy ons geleer het op een slag moet toepas en gee vir ons ‘n demonstrasie.  Hy ry deur dik sand en draai opsetlik sy voorwiel heen en weer sodat dit lyk of hy enige oomblik gaan val. Sy voorwiel boor slote in die sand, maar hy val nie. Dit lyk onwerklik. Hy doen dit weer en weer, net om te wys hy is ‘n regte mens.  Want vir ons lyk dit of hy wonderwerke verrig. En toe is dit ons beurt. En sowaar, elke keer as jy afkyk, dan gaan grawe jy ‘n graf met jou gesig. Kyk op, en jy hou jou balans, en ry jy deur die sand sonder enige probleem. Hoe dit werk, verstaan ek nie, maar daar is baie dinge wat werk wat ek nie verstaan nie.  (Vrouens is nie een van hulle nie)  Dis makliker gese as gedaan, want ‘n mens se natuur wil elke keer oorneem.  Dit voel heeltemal vreemd en verkeerd om, om oor te gee aan jou motorfiets en te GLO dat jy dit gaan maak. Maar as ‘n mens die beginsels wat jy geleer is toepas dan werk dit.  Vertel vir iemand iets en hy vergeet dit.  Wys vir hom iets en hy glo jou.  Laat hom dit self doen, en hy onthou dit...  Michael, Johan, Marc en Judy.  Ek sal hierdie naweek baie lank onthou.  Maar ek gaan VERSEKER weer kom. Ek moet daai dik sand weer kom oefen.  Weereens dankie vir ‘n fantastiese naweek!!!!!
Jurgens.

Group Photo.
 
Top