Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Solo to Sabie  (Read 328 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Slaaiblaar

Solo to Sabie
« on: June 06, 2010, 03:21:58 pm »
Solo na Sabie (Eerste RR)

Van die eerste keer wat ek die 650 BMW gesien het wou ek een gehad het. Na 15+ jaar en baie ure buite BMW agentskappe het ek my GS gekoop, nie n 650 nie maar die 800GS (LG). Na ek vir een maand werk toe en terug gery het in sonskyn en reŽn het ek besluit die ysterperd van my meer wil doen as net dit. Die trip
het begin  met die idee om na al die Mikrogolf torings in Mpumalanga te ry waar ek vir jare lank gewerk. Het toe verander nadat ek nie toegang na Komatieland en York timbers se paaie kon kry nie. Baseer toe my roete op een wat Mad Mike gepost het. Ek het net 2 dae om dit te doen

Woensdag 19/05/2010
 

Drop gou my twee seuns by die skool, tel n paar tire levers op by Midas en hier gaan ek. Ry op ou pad van Pretoria na Bronkie. Na Bronkie draai ek na Groblersdal en hier draai ek af op eerste van vele grondpaaie. Stop vinnig om tire pressure te drop. Skrik my amper dood toe ek sien teen watse  spoed ek op die grondpad ry as ek nie op die speedo konsentreer nie....HIERDIE LG LOOP LEKKER EN WOBBLE GLAD NIE. Toevallig gaan die roete verby vriende van my se plaas met n nice staproete.

 
By Stofberg net R50.00 se 93 ingegooi met die hoop op 95 in Lydenburg te kry..95 is nie baie groot in die area nie en het geŽindig om die hele trip met 93 te doen. Na Stofberg draai ek na Dullstroom en na Tonteldoos. Was baie verras  met die Cheese shop ...die Windhoek light en cheese Panini het goed afgegaan.

 

 

My oornag spot is Sabie River Camp .....wat n lekker plek, my tent reg langs die swem bad opgeslaan. Die eienaar sien toe my dun matrassie en stuur dadelik een van die werkers om vir my n matras uit een van die permanent tente te  gaan haal...Was ek bly oor dit?
 
  

Hy reŽl toe met die selfde ou om vir my hout te bring en die vuur 5uur te kom aan teek. Die instant tent is bietjie groot vir die bike maar werk great .

 

Wildehonde en katte kan vriende wees
 


Donderdag 20/05/2010

 


Wildehonde en katte kan die volgende oggend nog steeds vriende wees

  
Vroeg die oggend gaan swem, besluit om ontbyt te eet in Pelgrims.


By pelgrims aangekom was ek teleurgesteld in hoe n dorpie kan verander in 15 jaar.

 
Het net deur gery en gemik vir Dullstroom Inn ..hoop dit is nog die selfde. Het Robbers Pass n skip gegee en verby gehou op die grondpad. Op n stadium het ek geweet hoeveel keer n mens die selfde rivier kruis op die pad maar was lank terug. Vat toe die grond pad na Ohrigstad. Baie mooi pad en n pad wat ek nog nooit gery het nie..die was so cool.






Van Ohrigstad was dit teerpad tot by Dullstroom Inn waar het uiteindelik iets geŽet het. Die plek lyk, ruik en voel nog dieselfde as altyd....dit is my tipe plek die.


My boude is nie gewoond aan die bike ryery nie een die verlamming vermoŽ van die GS se seat in verstommend. ( wie het die ding ontwerp?)

Net buite Dullstroom weer op grondpad na Belfast en dan na Middleburg, het vergeet om die ABS af te sit op die grondpad en amper deur n boer se heining gevlieg en saam sy beeste gewy. Die goed wat jou laat stop op nat pad werk nie op sand nie!!!
Van Middleburg was dit reguit huistoe om betyds te wees om my kids by die skool kry. Het baie snaaks gesit op die GS en selfs oorweeg om te stop en my kussing uit te haal om op hom te sit.

In totaal het ek 940km gery waarvan 70% grond paaie was.

Dit was great vir my  eerste rit en kan nie wag vir volgende een nie.








« Last Edit: June 06, 2010, 03:23:14 pm by Slaaiblaar »
 

Offline Grrrr....

  • ...eats seeds as a pastime activity.
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 8,190
  • Thanked: 313 times
    • MobiBins
Re: Solo to Sabie
« Reply #1 on: June 06, 2010, 03:35:03 pm »
Nice!  :thumleft:

Geniet die bike en veilig ry.

Offline LeonDude

  • A very quiet
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,910
  • Thanked: 207 times
  • DL650 - The Magic Touch
    • Leon de Kock - Author pages
Re: Solo to Sabie
« Reply #2 on: June 06, 2010, 04:10:35 pm »
Great. Onthou maar om so bietjie in jou perke te bly as jy solo is, maar solo is die lekkerste!  :thumleft:
Ride reports, books and more on my website.
http://www.leondekock.com/
Building Plans - A Concise reference
https://www.smashwords.com/books/view/1093937
https://books.apple.com/us/book/x/id1576543716
 

Offline TerrorSA

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,582
  • Thanked: 1 times
  • Autoland PE - William Moffett Exp
Re: Solo to Sabie
« Reply #3 on: June 07, 2010, 11:20:25 am »
Lekker ride  :thumleft:
Truimph Tiger 800 XCX
Yamaha XT660R
 

Offline AntonDP

Re: Solo to Sabie
« Reply #4 on: June 07, 2010, 12:14:22 pm »
Nice ride.
 

Offline MoJo JoJo

Re: Solo to Sabie
« Reply #5 on: June 07, 2010, 12:17:33 pm »
hoop dit is die 1st van vele....
Eagles may soar, but weasels don't get sucked into jet engines
 

Offline Panjo

  • In Exile
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Europe
  • Posts: 1,033
  • Getting ready for the Adventure!
Re: Solo to Sabie
« Reply #6 on: June 07, 2010, 12:26:37 pm »
Lekker RR. Ek Baie se Dankie in my beste Afrikaans skrif :) Ek is besig om ook soo n rid te beplan. Maar ek will oornag in Tontledoos en in Hazyview beeindig. Beeindig, is dit n woord?
« Last Edit: June 07, 2010, 12:29:44 pm by KawaPowa »
KTM 990 Adventure ABS
BMW 1150 GSA "DAS PEEG"
Vespa 150 PX -Sold
KTM 950 Adventure S  - Dark Knight -Sold
KTM 640-e -Sold Klr 650 -Sold kle 500 -Sold BMW C1-200 Exec -Sold BMW C1-125 - Sold
 

Offline plonker

Re: Solo to Sabie
« Reply #7 on: June 07, 2010, 12:37:11 pm »
Slaaiblaar go to Bavarian or your nearest dealer and check out the comfort seat for the 800.It is much wider than the standard thing and hence would be far more comfy.R4000.00 however.
But probably worth every penny.
 

Offline GlenInk

  • Elliot`s only
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Kawasaki KLE 500
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,536
  • Thanked: 1 times
  • R.I.P. 02/02/2012
Re: Solo to Sabie
« Reply #8 on: June 07, 2010, 12:38:23 pm »
Nice one Slaaiblaar ! They don`t call the 800 lewens gevaarlik for nothing !
Quote from: buzzlightyear
"Does your ass not get jealous of all the crap that comes out of your mouth?" 

Put brain into gear before opening mouth !   Believe it, cos its true !     Yamaha IT 200; Kawasaki KLE 500 The Ox Wagon  
 

Offline dakardrix

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 419
Re: Solo to Sabie
« Reply #9 on: June 07, 2010, 07:12:53 pm »
Lekker man, ek smaak daai baaik se kleur al meer...   :mwink: