Solo to Sabie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Slaaiblaar

Race Dog
Joined
May 11, 2010
Messages
1,501
Reaction score
3
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS
Solo na Sabie (Eerste RR)

Van die eerste keer wat ek die 650 BMW gesien het wou ek een gehad het. Na 15+ jaar en baie ure buite BMW agentskappe het ek my GS gekoop, nie n 650 nie maar die 800GS (LG). Na ek vir een maand werk toe en terug gery het in sonskyn en reën het ek besluit die ysterperd van my meer wil doen as net dit. Die trip
het begin  met die idee om na al die Mikrogolf torings in Mpumalanga te ry waar ek vir jare lank gewerk. Het toe verander nadat ek nie toegang na Komatieland en York timbers se paaie kon kry nie. Baseer toe my roete op een wat Mad Mike gepost het. Ek het net 2 dae om dit te doen

Woensdag 19/05/2010
Pretoria%20sabie.jpg


Drop gou my twee seuns by die skool, tel n paar tire levers op by Midas en hier gaan ek. Ry op ou pad van Pretoria na Bronkie. Na Bronkie draai ek na Groblersdal en hier draai ek af op eerste van vele grondpaaie. Stop vinnig om tire pressure te drop. Skrik my amper dood toe ek sien teen watse  spoed ek op die grondpad ry as ek nie op die speedo konsentreer nie....HIERDIE LG LOOP LEKKER EN WOBBLE GLAD NIE. Toevallig gaan die roete verby vriende van my se plaas met n nice staproete.
IMG00055-20100519-1040.jpg


By Stofberg net R50.00 se 93 ingegooi met die hoop op 95 in Lydenburg te kry..95 is nie baie groot in die area nie en het geëindig om die hele trip met 93 te doen. Na Stofberg draai ek na Dullstroom en na Tonteldoos. Was baie verras  met die Cheese shop ...die Windhoek light en cheese Panini het goed afgegaan.

https://lh5.ggpht.com/_1xQXYVRrIHE/TAubTLHp6sI/AAAAAAAAAks/gVBGbukHwkY/s640/IMG00058-20100519-1316.jpg
Die geryery maak n man dors! Volgende keer vat ek definitief  water saam vir langs die pad. Van Lydenburg is ek met die Longtompas na Sabie.
[img]https://lh5.ggpht.com/_1xQXYVRrIHE/TAubk-0iRuI/AAAAAAAAAlI/nHDAXUzoXaU/s640/IMG00063-20100519-1448.jpg



My oornag spot is Sabie River Camp .....wat n lekker plek, my tent reg langs die swem bad opgeslaan. Die eienaar sien toe my dun matrassie en stuur dadelik een van die werkers om vir my n matras uit een van die permanent tente te  gaan haal...Was ek bly oor dit?
IMG00068-20100519-1642.jpg

 
IMG00069-20100519-1643.jpg


Hy reël toe met die selfde ou om vir my hout te bring en die vuur 5uur te kom aan teek. Die instant tent is bietjie groot vir die bike maar werk great .

IMG00070-20100519-1723.jpg


Wildehonde en katte kan vriende wees
IMG00079-20100519-1854.jpg



Donderdag 20/05/2010

sabie%20pretoria.jpg



Wildehonde en katte kan die volgende oggend nog steeds vriende wees
IMG00083-20100520-0647.jpg

 
Vroeg die oggend gaan swem, besluit om ontbyt te eet in Pelgrims.
IMG00084-20100520-0653.jpg


By pelgrims aangekom was ek teleurgesteld in hoe n dorpie kan verander in 15 jaar.
IMG00090-20100520-0849.jpg


Het net deur gery en gemik vir Dullstroom Inn ..hoop dit is nog die selfde. Het Robbers Pass n skip gegee en verby gehou op die grondpad. Op n stadium het ek geweet hoeveel keer n mens die selfde rivier kruis op die pad maar was lank terug. Vat toe die grond pad na Ohrigstad. Baie mooi pad en n pad wat ek nog nooit gery het nie..die was so cool.
IMG00091-20100520-0918.jpg

IMG00094-20100520-0928.jpg

IMG00096-20100520-0931.jpg

IMG00097-20100520-0935.jpg



Van Ohrigstad was dit teerpad tot by Dullstroom Inn waar het uiteindelik iets geëet het. Die plek lyk, ruik en voel nog dieselfde as altyd....dit is my tipe plek die.
IMG00098-20100520-1115.jpg


My boude is nie gewoond aan die bike ryery nie een die verlamming vermoë van die GS se seat in verstommend. ( wie het die ding ontwerp?)

Net buite Dullstroom weer op grondpad na Belfast en dan na Middleburg, het vergeet om die ABS af te sit op die grondpad en amper deur n boer se heining gevlieg en saam sy beeste gewy. Die goed wat jou laat stop op nat pad werk nie op sand nie!!!
Van Middleburg was dit reguit huistoe om betyds te wees om my kids by die skool kry. Het baie snaaks gesit op die GS en selfs oorweeg om te stop en my kussing uit te haal om op hom te sit.

In totaal het ek 940km gery waarvan 70% grond paaie was.

Dit was great vir my  eerste rit en kan nie wag vir volgende een nie.








 
Top