Kies en koop kopseer pille/raad seblief

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Veldbrand

Grey Hound
Joined
Oct 29, 2009
Messages
5,691
Reaction score
0
Location
Koedoeskloof, Dwarsrivier, Ladismith, WC
Bike
BMW R1150GS Adventure
F@k 'n ou se kop kan darem aankap as jy wil barks koop, en hoe meer info jy kry of bikes jy sien, hoe luider raak dit.
So miskien kan julle help.
Ek soek nou al vir 3 weke 'n 650rige Dakar/XT/TA/DR/TE610/XT en wat ook al daar is in daai range vir my geliewe SWAMBO wie baie keen is vir naweek/vakansie trips en ook om die trekker in die foto hier links bietjie op light duty te sit. Die het  al 75 000 sorgvrye km's deur sy wiele getrek en eet graag kosbare rubber so padlangs maar verdien ‘n break en ere plek op die podium.
Ek dink so 'n kleiner bike sal ook makliker wees om mee te commute wat ek nog al die tyd daagliks met die 1150 doen.
Ja, hulle is almal heel verskillende bikes met pro's en con's allsorts en ek het al mooi na al hulle voordele en nadele gekyk en tot die slotsom gekom dat dit of 'n XT660R of 'n Dakar gaan moet wees.
Raait, so dis afgehandel.
Maar nou, kry ek die volgende twee duidelik moontlike eksimplare na nog baie ge-uittjekkery.
XT:
2006 met slegs 5380km op sy klok, Givi Top box, Hyde op sy maag en Yammi windskerm op sy neus.
Trade in = 35K, Retail = 41K, dude soek 50K, dink ek sal wegkom met 45K. (Varsgetroude laaitie met nog kleiner vars laaitie en knorrige SWAMBO wie support soek, sorrie dude)
Next, Dakar:
2006 met 5850km, Beemer Top box, standard bash plate en geen ander ekstras behalwe hy het natuurlik heated grips en ABS, wat in my ondervindings boekie fris punte tel.
Trade in = 42K, retail = 52.5K, dude soek 65K!!! Het hom 55K aangebied maar hy bly wind/hardegat en meen hy sal dalk 60K vat.

Die bikes is vir my altwee cool en ek verstaan die verskille maar:
Nouhoedefoknou vra ek julle?
Ek is bereid om meer te betaal vir een fiets as vir ‘n ander maar is die Beemer regtig 15K meer werd as daai ander legend? En is die outjie se 55K prys reg? Die agent by wie hy die bike laat diens meen 55K is fair.
Wat sou julle doen?
Help seblief, dit raas!
 
Top