4 KTMs en n GSA

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

at502pilot

Pack Dog
Joined
Apr 20, 2010
Messages
345
Reaction score
0
Bike
BMW R1200GS Adventure
En daar beluit 4 Caledonners en n Transvaler mos toe ons is lus vir..................GRONDPAD!!!!!!

Vrydag oggend kry ek my GSA by Donford en ek stoot na Jean van Niekerk se plaas om die eerste KTM daar te kry.Dorp toe om wiele te pomp en toe na Johnnie Bok se plaas toe.Daar gekom staan die KTM al en bewe van opgewondenheid.Ongelukkig kom Dreyer en Danie Kat eers die aand by ons aansluit.

Ons saal toe die spulletjie op en daar gaan ons.Ek besluit toe om agter te ry.OOPS, groot fout  :eek7:
Met die Overberg wat reen kort was die paaie poeier en ek moes maar ver terugsak.By Rietpoel Silo verby was dit al kronkelend op pad na Malgas hotel toe vir n verversinkie of twee of drie.Ek het gedink dit was n goeie idee om te stop om gou die stof uit die tande te spoel.

En toe gebeur dit!

Ons stop op die plek waar ons altyd stop en loop met groot verwagting na die ingang van die Hotel,toe n Engelse tannie agter die deur uitspring en ons uitvreet omdat ons nie gestop het waar ons moes nie.Toe ons om verskoning vra omdat ons nie die NO PARKING teken gesien het nie , se sy sommer toe ons is ongeletterd!!!!!!!

En dit se jy nie vir n Caldon boer nie :dousing:

Nog steeds met stof in die tande is ons toe met die pont oor die rivier oppad na Witsand vir brandstof en burgers.Die Witsand Hotel is op die bank van die Lagoon en het die lekkerste burgers.

Van daar was dit toe grondpad Riversdal toe

Die Heibelberg vlakte se grondpaaie is mooi en ek en Johnnie Bok stoot toe aan teen 160km/h om die pad vinnig korter te maak.Arme Jean moes toe stof eet >:D

Oor die berg by Riversdal draai ons toe regs na Vanwyksdorp waar ek en Tienie toe weer voor vat tot nadeel van Jean wat toe weer moes stof eet..En die beste van alles.......Dit was alles grondpad :thumleft:

En as julle al gewonder het waar om te stop in Ladismith,........Olive Garden is die plek om te wees.Berty alias Ninja77 het die lekkerste plekkie met dik steaks op die kole en plek om te slaap en dit alles vir net R120 per nag.Dankie Berty vir n lekker kuier en julle gasvryheid,dit was baie lekker.Se maar vir die bure ons sal volgende keer nie weer eers 01;00 in die bed kom nie >:D

Die volgende oggend is ons toe deur Seweweekpoort na Laingsburg en van daar al grondpad langs na Montagu.
Alles het mooi gegaan tot by Ashton waar Jean en sy KTM ons tot stilstand gedwing het met sy eerste flatty.Gelukkig het Dreyer en Danie Kat al baie ondervinding en daar kry ek en Jean toe ons eerste les:HOE OM N  KTM SE AGTERWIEL UIT TE HAAL :mwink:

Na ons stop by Bon Courage Kelder is ons toe uitmekaar en ek en Jean stoot toe grondpad na Villiersdorp  toe.

Gelukkig het my Sub A juffrou vir my gese ek moet oplet in die klas en dit het ons gehelp toe oom Murphy ons met n tweede papwiel gooi in die middel van die vlaktes.

Almal van ons was darem voor donker by die huis in een stuk,maar die aand moes ons almal weer stof tussen die tande uitkrap en die seer lywe is maar gou bed toe net om te droom van ons volgende Stofdonkie ekspedisie oor die Karoo vlaktes :3some:

 
Top