My grond is noord oos van Rehoboth, ons het self al baie goeie reen gehad na die verskriklike droogte laas jaar en is baie dankbaar vir die reen. Die veld sal 'n tydjie vat om te herstel. Hulle se mos die boere is nooit tevrede nie, praat so tydjie gelede met 'n boer van die suide hier by die ko operasie en se hulle is seker nou tevrede met die lekker reen wat onlangs geval het.
Hy antwoord ja hulle is , maar jy moet onthou dit reen water nie gras nie 
Hier is foto's wat ek Saterdag op die plaas geneem het.
Jammer ek het die threat ge hijack
Ai, hoe mooi groei daai dubbeltjie op die 1ste foto.

Ek's darem maar lief vir daai rooi grond.

En braai hout is natuurlik ook nie 'n probleem by julle nie.
