Noord Kaap trip - STOETBUL & GENERAL LEE se foto's by!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Orangeswifty

Race Dog
Joined
Mar 17, 2010
Messages
3,592
Reaction score
9
Location
Gauteng
Bike
KTM 950 SE
Hierdie ride report gaan oor 2 bloubul supporters op 950 SE's wat die rygenot van die Noord Kaap ontdek het op pad Calvinia se vleisfees toe. Op pad het ons wonderlike gasvrye mense ontmoet en manne wat ry asof die duiwel op hulle sterte sit. Wie het nou besef die paaie in die Karoo kan so 'n bekoring inhou? :biggrin:
Die ride report sal so oor 'n paar dae aangevul word met foto's soos wat ek tyd kry om dit in te sit.
Kom ons begin met die roete - dan gat ons van daar af verder!

Ons het begin Op Prieska en die eerste dag oor Carnarvon en Fraserburg na Sutherland gery waar ons manne van die Kaap gekry het wat vir ons daar gewag het. Van daar is ons oor middelpos na Calvinia waar die vleisfees in volle swang was +- 400km vir die dag! Die volgende dag is ons vanaf Calvinia oor Loeriesfontein, Neuwoudville, van Rhynsdorp, Vredendal, na Strandfontein en Doornbaai en het in Lambertsbaai geslaap +- 650 km. Die derde dag is ons terug na Calvinia oor Clanwilliam met die Wuppertal pad wat ongeveer so 30km uit die dorp uit eers grondpad word. Van daar oor Brandvlei na van Wyksvlei en terug na Prieska - 'n verdere 650km - Totaal van 1700km in 3 dae! Later meer
 

Attachments

  • Calvinia Vleisfees.jpg
    Calvinia Vleisfees.jpg
    65.1 KB · Views: 719
Top