Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Onbeplan maar goed uitgedraai  (Read 270 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline J-mo

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,194
  • Get up one more time!!!
Onbeplan maar goed uitgedraai
« on: September 08, 2010, 12:28:36 pm »
Dit was Sondag oggend en ek het nog geen idee waarheen ek wou ry nie. Klim toe maar op die skoeter en daar gaat ek. Dog toe ek sal Kaap Weg uit ry na Jeffereys se kant toe.  Op pad besluit ek om draai te maak by Tony Webb by Off-Chamber.
 
Off Chamber se hekke is so 9.6km vanaf die R335 op die Elands rivier pad. Dit is n plaas met n kamp terein, bungalows en chalets. Tony se plaas het  n paar off-road bane vir 4x4s, quads en bikes. Jy kan ook 4x4s en quads huur. Party van die bane is maklik, maar van die bane is vir meer ervare ryers. Vir die van julle wat nog nie by Tony gekuier het nie, dis n moet. Daar is ook n dam met bass as jy wil visvang.




By Tony se hek besluit ek om eerder Patensie toe te gaan. Was nie lus vir chat nie.  Dit was n goeie besluit. Die weer het saam gespeel en die dag het middag se kant toe gestaan. Het verby n dam gery, maar het geen ide wat die dam se naam is nie. Al wat ek weet is dat die dam deur die Sand rivier gevoed word en dan by die Elands rivier aansluit. Kan dit die Loerie dam wees?




As julle na Sondag oggend die Elands rivier pad gery het en n GSA se agterste modder skerm in die pad sien l het, dis myne wat afgebreek het. Het deur n knik gegaan en het n slag gehoor, maar het aangeneem dat my Main Stand die grond moes geraak het.

Het langs die pad gestop om n paar fotos te neem.




Mens kan sien die lente het aangebreek.
 



My skoeter sonder sy modderskerm agter.




Die befaamde Vodacom toring in die agtergrond.  Daar was n biker en pillion met n KTM by die toring wat n break gevat het. Het gegroet en aan beweeg na Patensie.




Ons is bevoorreg  om sulke mooi areas hier in die Oos Kaap te h.
Shalom
Getting lost during an adventure is a relative term. It all depends if you're enjoying it.
 

Offline RobC

  • Stoepkakkertjie
  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 14,723
  • Thanked: 893 times
  • Bloemfontein
Re: Onbeplan maar goed uitgedraai
« Reply #1 on: September 08, 2010, 12:58:30 pm »
Cool! Btw is die plek van Tony nie dalk Off Camber nie?
 

Offline J-mo

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,194
  • Get up one more time!!!
Re: Onbeplan maar goed uitgedraai
« Reply #2 on: September 08, 2010, 01:05:18 pm »
Cool! Btw is die plek van Tony nie dalk Off Camber nie?

Espris vakeerd gaspel. Gekijk hoe lankit vatvi imand omagter tekom.

Jy's reg RobC, Off Camber. Was jy al daar?
Getting lost during an adventure is a relative term. It all depends if you're enjoying it.
 

Offline AntonDP

Re: Onbeplan maar goed uitgedraai
« Reply #3 on: September 08, 2010, 02:55:35 pm »
Baie nice.