Onbeplan maar goed uitgedraai

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

JERINOMO

Race Dog
Joined
May 17, 2010
Messages
1,194
Reaction score
0
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW F800GS
Dit was Sondag oggend en ek het nog geen idee waarheen ek wou ry nie. Klim toe maar op die skoeter en daar gaat ek. Dog toe ek sal Kaap Weg uit ry na Jefferey’s se kant toe.  Op pad besluit ek om draai te maak by Tony Webb by Off-Chamber.

Off Chamber se hekke is so 9.6km vanaf die R335 op die Elands rivier pad. Dit is ‘n plaas met ‘n kamp terein, bungalows en chalet’s. Tony se plaas het  ‘n paar off-road bane vir 4x4’s, quads en bikes. Jy kan ook 4x4’s en quads huur. Party van die bane is maklik, maar van die bane is vir meer ervare ryers. Vir die van julle wat nog nie by Tony gekuier het nie, dis ‘n moet. Daar is ook ‘n dam met bass as jy wil visvang.

offchamber1.jpg



By Tony se hek besluit ek om eerder Patensie toe te gaan. Was nie lus vir chat nie.  Dit was ‘n goeie besluit. Die weer het saam gespeel en die dag het middag se kant toe gestaan. Het verby ‘n dam gery, maar het geen idée wat die dam se naam is nie. Al wat ek weet is dat die dam deur die Sand rivier gevoed word en dan by die Elands rivier aansluit. Kan dit die Loerie dam wees?

damrp.jpg



As julle na Sondag oggend die Elands rivier pad gery het en ‘n GSA se agterste modder skerm in die pad sien lê het, dis myne wat afgebreek het. Het deur ‘n knik gegaan en het ‘n slag gehoor, maar het aangeneem dat my Main Stand die grond moes geraak het.

Het langs die pad gestop om ‘n paar fotos te neem.

berge1c.jpg



Mens kan sien die lente het aangebreek.

berge2.jpg



My skoeter sonder sy modderskerm agter.

gsasondermodderskerm.jpg



Die befaamde Vodacom toring in die agtergrond.  Daar was ‘n biker en pillion met ‘n KTM by die toring wat ‘n break gevat het. Het gegroet en aan beweeg na Patensie.

vodacomtoring.jpg



Ons is bevoorreg  om sulke mooi areas hier in die Oos Kaap te hê.
Shalom
 
Top