Noordkaap trip - Zeerust na Port Nolloth - 3000km

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

ThysBasson

Race Dog
Joined
Aug 17, 2010
Messages
965
Reaction score
0
Location
Zeerust - North West
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ek en n' vriend was van 2 - 8 September na die Noordkaap. Roete: Zeerust - Upington - Kenhardt - Pofadder - Springbok - Kleinsee - Port Nolloth - Upington - Zeerust.

In 'n neutedop, die trip.

Die Namakwaland is baie droog, maar die natuurskoon bly asemrowend.
Die pad van Kenhardt na Pofadder was 'n belewenis. Dit is die langste stuk grondpad wat ons nog gery het. 190km, 7 huise, 1 bewoon, die res is verlate, slegs een voertuig van voor af gekry. Het so 5 ure lank gery.
So 70km was sanderig en die res was lekker hard, hulle het die pad so 2 weke voor die tyd geskraap.

By die Rooiberg Dam naby Kenhardt het ons die fietse se sand ry vermoë tot die uiterste getoets. Die stuk van so 500m rivierbedding was nie 'n man se speelmaat nie. Ons het maar lekker moeg anderkant gestop.

Van Kleinsee na Port Nolloth het ons 40km grondpad in die reen gery, nie baie nice nie, maar dit was goeie ondervinding.

Dit was ons altwee se heel eerste lang trip, en dit was ongelooflik, sal dit more weer doen.

Die BMW's was tops, geen probleme nie, en geen skrape opgedoen nie. Selfs in die dik sand het ons nie eers een keer omgeval nie.

Hier is 'n link na van my foto's:
https://www.facebook.com/album.php?aid=25494&id=137532116267968

Groete

 
Top