Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Lang naweek Plaas toe en terug.  (Read 352 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline FarScape

Lang naweek Plaas toe en terug.
« on: September 29, 2010, 01:03:26 pm »
Met die langerige naweek van die 24ste in aankoms  kon ek weer  vir n slag daaraan dink om by my ouers op die plaas te gaan gesig wys. n Gewone naweek is darem net te kort om die 700km vanaf Rustenburg tot in Luckhoff af te le en dan nog  tyd oor te he om saam met die familie te kan wees.

Ek wou al die Donderdag oggend wegspring maar wees werks verpigtinge kon ek toe eers vroeg die Vrydag oggend ry. Gewoonlik as ek met n voertuig die stuk in sit plaas toe ry  ek vanaf Rustenburg tot in Klerksdorp en van daar al met die N12 tot anderkant Kimberly. By Witput stasie kry ek dan die afdraai plaas toe.
Hierdie keer het ek besluit om met die 800 te ry en te kyk hoe ek kan ry vanaf Rustenburg tot op die plaas deur so veel as moontlik van grond paaie gebruik te maak. Ek wou ook nog altyd kyk hoe die stuk lyk teen die Vaal rivier vanaf Parys tot in Orkney.  Volgens Mapsource bestaan daar so n roete.
Volgens my GPS sou die hele roete my 18uur vat om te voltooi. Ek glo ek kon dit doen in minder as 12ure. My GPS het gewoonlik die manier om bietjie verkeerd te wees. Iewers is daar seker n verstelling wat ek sal moet maak. ::)

1ste Pic. Fiets is  nog mooi skoon en gelaai.



Oorspronkilike plan was om so vroeg moontlik (5h00)al in die pad te val en dan gereeld te stop om bene re rek en om so paar fotos te vat. Kom toe eers so 7h00 weg uit Rtb en met n afspraak in Hoopstad beteken dit dat ek maar so bietjie sal moet aanstoot om voor donker my besteming te haal.

2de Pic. Eerste rus stop is by die Enselspruit stasie.



In Parys gekom word daar tenk vol gemaak en die grond pad teen die rivier af Hoopstad toe begin. Tyd vir al die fotos wat ek wou neem is daar toe nie en ek moes maar aanstoot om tyd op te maak.

3de Pic Orkney omgewing.






Iets wat ek ook wou sien is hoeveel brue oor die rivier gaan op my tog en om te probeer om hulle almal aft e neem. Soms het ek sommer oor hulle gery net om weer anderkant om te draai en weer terug te kan kom op my roete.   ;)
Hier is 2 van die 4 wat ek gesien het.

4de pic Cement brug naby Makwassie.



5de pic Kommando drift brug



Tussen Bothaville en Hoopstad is dit mielie wereld en die paaie hier is maar kwaai los. Het ongelukkig geen fotos van die deel van die pad nie. Die Sandmonster het my op my tone gehad.

In Hoopstad ontmoet ek die mooi ding.

6de Pic HP2.  :thumleft:



Dit vat my so rukkie om myself so ver te kon kry om verder te ry en om hom daar te moet los. Om tyd op te maak druk ek teer pad deur Hertzogville en vat dan so wit kalk pad af Boshoff toe. Sommige van julle sal die stuk pad seker kom ry as julle Bash toe gaan.

In Boshoff gekom is dit al 17h00 met nog 160km om te gaan. Ek maak toe die besluit waaroor ek nog baie spyt is om eerder teer pad Kimberly om plaas toe te ry. Boring.

7de Pic Afdraai huis toe.




Die terug tog volg.



The best time to plant a seed and grow a tree was 20 years ago; the second best time is now.
 

Offline XXL

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,567
  • I am Blessed
Re: Lang naweek Plaas toe en terug.
« Reply #1 on: September 29, 2010, 01:09:11 pm »
Very nice... who was riding the HP?
 

Online Scalpel

Re: Lang naweek Plaas toe en terug.
« Reply #2 on: September 29, 2010, 01:18:10 pm »
It looks like Hubba Hubba's HP2. Milkybars husband. I know he wanted to sell the bike at some point.
BMW R80G/S PD is the original DS bike!!
 

Offline FarScape

Re: Lang naweek Plaas toe en terug.
« Reply #3 on: September 29, 2010, 04:30:41 pm »
Wel nadat dit my Vrydag die heeldag gevat het tot om op plaas te ry  was ek bang dat ek dalk styf en seer gaan wees. Ek het nie gedink ek is baie ry fiks nie. Gelukkig was dit toe nie die geval nie en Saterdag oggend toe ek die fiets se ketting skoon maak en olie  raak ek al weer lus vir die volgende 700km. 

Wou Bloem om terug ry om na n fiets te gaan kyk daar maar kon toe ongelukkig nie n afspraak gereel kry nie. Dit het my egter nie afgesit om so paar van my ou uithang plekke te gaan opsoek nie. Het die Sondag oggend weer vroeg in die pad geval en die plan was weer om so lank as moontlik van die teer af te bly.

Een plek wat baie naby aan my was is die Oppermans gronde. Ek was egter nog nooit daar nie en wou graag gaan sien hoe dit daar lyk. My roete was so beplan om van daar Koffiefontein toe en dan via Kalkfontein dam Petrusburg toe.

Pic  1. Pad voor Oppermans gronde.



Pic  2. All roads leads home.



Pic  3. A fork in the road.



Die pad tussen Oppermans gronde en Koffiefontein  is geteer maar word op die GPS aangegee as n grond pad. Dink dit moet voorheen maar n baie slegte grond pad gewees het. Dra baie swaer verkeer.

Pic  4. Koffiefontein se ketel



In Koffiefontein besluit my GPS tot hiernatoe en nie verder nie. Die een oomblik is hy nog besig om te recalculate en toe net blank. Haal die battery uit en sit hom weer terug maar geen geluk. Screen kom vir n second of 2 aan en gaan dan net weer dood. Dem. Gelukkig ken ek die deel van die wereld darem goed maar vorentoe gaan ek probleme kry.

Anderkant Koffiefontien swaai ek af Kalkfontien dam toe. Dus ook een plek waar ek as kind gereeld kom visvang het. Die plek lyk nog presies soos 20 jaar terug. Tyd hier staan stil. Die grond paaie hier is ook fantasties. Ek dink die suid-wes Vrystaat is seker die naaste wat mens kan kom aan Namibia se grond paaie. Laat my baie dink aan daai dele rondom Karasburg.

Pic  5. Roads in a distance



Pic 6. Maak ASB die boere se hekke toe.



Vanaf Petrusburg klim ek op die grond pad Dealesville toe maar kom nooit daar uit nie. Oppad soontoe kry ek n afdraai Bloemfontein toe en volg die roete tot by die Krugersdrif dam. Nog n plek met baie goeie herrinneringe waar ek baie tyd deur gebring  het terwyl ek eintlik moes studeer.

Pic  7. Modder rivier



Pic 8. Krugersdrif dam



Vanaf Krugersdrif dam ry ek deur Bainsvlei rigting Brandfort.  In Brandfort moet ek nou gebruik maak van verouderde tegnologie en raadpleeg my foon se GPS vir verdere instruksies.  Oorspronklike plan was om by n maat in Kroonstad om te gaan maar kon hom nie kry om sy foon te antwoord nie. Besluit word toe maar gemaak om te begin noord wes swaai en so die paaie te volg en te sien waar kom ek uit.

Op die kruising tussen Theunissen en Bultfontein kom ek die ou brug tee. Dit bly vir my n raaisel hoe die mense van vroeer jare dit reg gekry het om die ou staal brue opgerig te kry.

Pic 9 Die ou brug



Na die kruising bevind ek myself teen die Vet rivier. Dus een groot besproeing skema en die paaie hier is ongelooflik sleg. Ook bevind ek my nou in n moerse sterk dwarswind en my gemoed is maar baie laag. Die wind waai die pad is vol klippe en gatte en ek is moerig. Net voor Wesselsbron stop ek vir die laaste keer op grond vir die dag.

Pic 10. Rus stop.



Teen die tyd is my gat lam gespook en ek klim hier op die teer en skiet deur Bothaville toe.  In Bothaville maak ek petrol vol en kry weer suiker in die lyf. Vanaf Bothaville is dit deur Orkney en Klerksdorp terug Rustenburg toe en so eindig my naweek.

Nou moet ek net my GPS uitgesorteer kry vir Desember. Hierdie was n goeie oefenlopie vir dit wat beplan word vir dan.
The best time to plant a seed and grow a tree was 20 years ago; the second best time is now.
 

Offline Rooies

Re: Lang naweek Plaas toe en terug.
« Reply #4 on: September 29, 2010, 05:06:29 pm »
Mooi grondpaai daaie HennieF, Suid-Wes Vrystaat is nou op die lysie!

Dankie vir die lekker verslag :thumleft:
Current:     BMW R1150GS -> "Die Waterbuffel"
                  Honda XR650L -> "The DreamCrusher"
Previous:   BMW R1200GSA,  Honda XL700V

"2022, Ons bliksem terug!" - Spoegwolf
 

Offline Ian in Great Brak River

  • Vendors
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,380
  • Thanked: 160 times
Re: Lang naweek Plaas toe en terug.
« Reply #5 on: September 29, 2010, 05:07:48 pm »
Mooi man mooi !

Ek was ok een keer in Koffiefontein, op 'n Saterdag namiddag en kon neerens 'n koppie koffie koop nie!  :D

Dit lyk soos 'n lang pad wat jy gery het.. lekker toets roete.

 8)
« Last Edit: September 29, 2010, 05:09:58 pm by Ian in Great Brak River »
1978. It's 6am, mid winter...two up on a XL 185S ... off to my first casino ever with all of R40 and we've got a full tank of fuel, so enough to get there we reckon.... that's determination...

Old bike: '82 Eddie Lawson Replica Replica.
Other bike: '05 Honda Varadero 1000
New bike: '16 Honda Africa Twin.