Lang naweek Plaas toe en terug.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

HennieF

Pack Dog
Joined
Apr 1, 2010
Messages
331
Reaction score
79
Location
Luckhoff
Bike
BMW F800GS
Met die langerige naweek van die 24ste in aankoms  kon ek weer  vir ‘n slag daaraan dink om by my ouers op die plaas te gaan gesig wys. ‘n Gewone naweek is darem net te kort om die ± 700km vanaf Rustenburg tot in Luckhoff af te le en dan nog  tyd oor te he om saam met die familie te kan wees.

Ek wou al die Donderdag oggend wegspring maar wees werks verpigtinge kon ek toe eers vroeg die Vrydag oggend ry. Gewoonlik as ek met ‘n voertuig die stuk in sit plaas toe ry  ek vanaf Rustenburg tot in Klerksdorp en van daar al met die N12 tot anderkant Kimberly. By Witput stasie kry ek dan die afdraai plaas toe.
Hierdie keer het ek besluit om met die 800 te ry en te kyk hoe ek kan ry vanaf Rustenburg tot op die plaas deur so veel as moontlik van grond paaie gebruik te maak. Ek wou ook nog altyd kyk hoe die stuk lyk teen die Vaal rivier vanaf Parys tot in Orkney.  Volgens Mapsource bestaan daar so ‘n roete.
Volgens my GPS sou die hele roete my 18uur vat om te voltooi. Ek glo ek kon dit doen in minder as 12ure. My GPS het gewoonlik die manier om bietjie verkeerd te wees. Iewers is daar seker ‘n verstelling wat ek sal moet maak. ::)

1ste Pic. Fiets is  nog mooi skoon en gelaai.

WD1.jpg


Oorspronkilike plan was om so vroeg moontlik (5h00)al in die pad te val en dan gereeld te stop om bene re rek en om so paar fotos te vat. Kom toe eers so 7h00 weg uit Rtb en met ‘n afspraak in Hoopstad beteken dit dat ek maar so bietjie sal moet aanstoot om voor donker my besteming te haal.

2de Pic. Eerste rus stop is by die Enselspruit stasie.

WD2.jpg


In Parys gekom word daar tenk vol gemaak en die grond pad teen die rivier af Hoopstad toe begin. Tyd vir al die fotos wat ek wou neem is daar toe nie en ek moes maar aanstoot om tyd op te maak.

3de Pic Orkney omgewing.

WD3.jpg





Iets wat ek ook wou sien is hoeveel brue oor die rivier gaan op my tog en om te probeer om hulle almal aft e neem. Soms het ek sommer oor hulle gery net om weer anderkant om te draai en weer terug te kan kom op my roete.  ;)
Hier is 2 van die 4 wat ek gesien het.

4de pic Cement brug naby Makwassie.

WD4.jpg


5de pic Kommando drift brug

WD5.jpg


Tussen Bothaville en Hoopstad is dit mielie wereld en die paaie hier is maar kwaai los. Het ongelukkig geen fotos van die deel van die pad nie. Die Sandmonster het my op my tone gehad.

In Hoopstad ontmoet ek die mooi ding.

6de Pic HP2.  :thumleft:

WD6.jpg


Dit vat my so rukkie om myself so ver te kon kry om verder te ry en om hom daar te moet los. Om tyd op te maak druk ek teer pad deur Hertzogville en vat dan so wit kalk pad af Boshoff toe. Sommige van julle sal die stuk pad seker kom ry as julle Bash toe gaan.

In Boshoff gekom is dit al 17h00 met nog 160km om te gaan. Ek maak toe die besluit waaroor ek nog baie spyt is om eerder teer pad Kimberly om plaas toe te ry. Boring.

7de Pic Afdraai huis toe.

WD7.jpg



Die terug tog volg.



 
Top