Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 3 Dae Limpopo Langnaweek  (Read 584 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Duster

3 Dae Limpopo Langnaweek
« on: October 04, 2010, 07:45:19 pm »
Ek en my wederhelf het baie lank terug besluit om eendag die noorde van Limpopo te verken oor 'n langnaweek en die naweek van 24-26 Sept was te gou op ons.  Ons het 'n paar vriende wat altyd saam met ons ry gekontak en eindelik was dit net ek, Marietjie (die wonderlikste pillion), Willie en Mossie wat tot op D- dag bymekaar was.  Willie en Mossie is nog nie WD's nie, maar ek werk daaraan.

Nou ja, dis my eerste serious RR en hoop dit sal goed afgaan  :biggrin:.
Foto 1:  My trusty AT :thumleft:
        2:  Ons 4 van L na R, Mossie  (R1100GS), Willie (R1200GS), Meraai en ek (Africa Twin).
        3-5: Op die brug by Sterkrivier
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #1 on: October 04, 2010, 07:53:57 pm »
Ons plan was om van Naboomspruit tot op Alldays te ry vir die eerste dag.  Totale km's volgens die GPS ongeveer 357km, soos ek die roete geplot het, waarvan minimum teer moes wees.  Ek ken glad nie die paaie daar nie en het alles volgens kaart en GPS gedoen.

2de Stop was by Legends golfbaan, (ek glo baie van julle was al daar) by die bekende Entabeni Natuurreservaat, (fotos 1-4) en later op pad weer by Masebe Natuurreservaat (foto 5).
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #2 on: October 04, 2010, 07:58:49 pm »
By Masebe moes Meraai gou 'n draai loop, en die longdrop is die in-ding.  Vinnige eet en drink, en die mooiste kranse.   Nog fotos by Masebe.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #3 on: October 04, 2010, 08:11:04 pm »
Na Masebe was dit nog redelike grondpad, en ek het gedink my tydsberekening om vanmiddag by Alldays uit te kom was te laat geskat.  Skielik was ons op 'n teer pad en eers het ek gedink ons het die pad byster geraak, maar toe agter gekom die pad na Marken is so besig (taxies, bakkies ens) dat hulle die pad begin teer het.  Dan maar aanstoot tot in Marken.  GPS sÍ ons gaan so 13:30 in Alldays wees, dan's dit maar goed, kan dan lekker kuier.  Brandstof in Marken, 120km later en wat ook grond moes wees van Marken na Steilloopbrug is toe die mooiste geteerde pad, natuurlik vir die baie taxies op die roete.
By Steilloopbrug draai ons regs op die N11, en dadelik weer links op 'n grondpad na Nkwe toe.

En dis waar die GPS se "Arrival Time" skielik nie meer lekker werk nie, dit word net later en later.  Sand, sand en nog klein bietjie sand is ons voorland.  Iewers langs die pad het ons maar bietjie afgetrek om net te ontspan en water te vat.  Dis warm!! :dousing:
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #4 on: October 04, 2010, 08:24:43 pm »
Iewers tussen Driekoppies en Mmankgodi wys die GPS ons moet afdraai in 'n 2 spoor paadjie wat soos 'n plaas se ingang lyk.  Die ander praat teŽ, maar ek sÍ die GPS sÍ hier af.  Ons los die "mooi" sand pad en klim maar toe op die plaaspad. (Nog meer sand).  Ek ry voor, Willie agter my en Mossie dek die agterhoede.  So 2km verder stop ek omdat ek nie Mossie se lig kan sien nie.  Ek, Meraai en Willie saal af en wag. (Mossie ry van nature stadig en versigtig).  Hier, uit dieselfde rigting vanwaar ons kom, kom 'n taxi, "Hey Mister, your friend fell at the back" net so in die verbyry.  Ek het net my fiets gevat om te gaan kyk toe Mossie se lig uit die bosse tevoorskyn kom.

Net na ons afgedraai het het die sandslang hom gegryp en 'n les geleer.  Gelukkig niks stukkend nie en geen beserings nie.  Hy glimlag darem nog.  Dis vrek droog daar in die noorde en dit lyk meer na woestyn as "Bosveld",  alhoewel dit nie meer as Bosveld geklas word nie.

Foto 1: Mossie moet daar agter iewers wees.
        2: Ek wil net omdraai om my vriend te gaan soek.
        3: Hier kom hy nou aan met een helse glimlag.
        4: Willie wens Mossie geluk met sy val. :mwink:
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #5 on: October 04, 2010, 08:54:05 pm »
Ons roete het ons al langs die Mogalakwena rivier se loop geneem, direk noord.  Baie statte en bokke en donkies, taxies en bakkies.  Ek reken die mense moet ook 'n bestaan maak, maar as ek na die veld kyk, weet ek nie waarvan die diere leef nie.  Dis net sand, en vrek droog.

In die stat, Diseon, maak ons plek vir 'n &^%$# bakkie wat nie vir ons uit wil draai nie.  Die kant van die pad is seker 'n goeie voet hoŽ sandwal.  Ek het net verby die bakkie gekom, maar Willie het in die sandwal ingery, en hy sÍ dit het nie gehelp om vet te gee nie, hy het net eenvoudig 'n 180 grade draai gemaak en redelik hard geval.  Mossie is amper oor sy agterwiel, maar het met genade bo gebly.  Gelukkig, geen beserings, maar die linker pannier het daar agter in die stof gelÍ.  Die GS het gelukkig ook geen skade nie.

Foto 1: Willie wys hy's ok.
        2:  Die pannier
        3-5:  Boer maak 'n plan
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #6 on: October 04, 2010, 08:58:53 pm »
Na al die eskepade het ons by die volgende stat, Berlepe, by 'n sjebeen gestop en gou iets vir die senuwees gevat.  Dit was net koeldrank, maar ons moes dalk iets sterkers gevat het, want toe is almal op hul senuwees.  My bekommernis was daar is geen selfoon opvangs nie en geen mens weet waar die naaste medies is nie.  Maar dit was net bekommernis.

"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #7 on: October 04, 2010, 09:21:44 pm »
Na Berlepe, verfris en met meer moed, het ons verder gery.  Die pad het 'n draai reg oos gemaak en het eintlik half gekompakteer voorgekom, asof die sand minder los is en meer rybaar is.  Ek moet erken, Meraai wat saam met my gery het, was 'n ster, en het my baie selfvertroue gegee.  Ek is nie 'n wafferse sand ryer nie, maar die manier waarop sy saam met my die sand en grondpad oor die algemeen  aandurf, het baie gehelp.  Ons het nie eenkeer naby val gekom nie, en sy het na die tyd gesÍ sy was glad nie eenkeer benoud of beangs nie.  Good for you, Meraai, want ek het 'n paar keer gewonder, "Stand up, look up and open up" of "Brieeeeeeek" maar elke keer is ons deur die sand en ek moet sÍ, die open up het 'n paar keer ons basse gered.  Ek het oor die algemeen bietjie oopgemaak (ok, ok, 70 -80km/h is nie oopgemaak nie) maar na 40-50km/h was dit vinnig.  Die pad het rerig beter geword. :ricky:

Maar helaas.....  om 'n draai het ek skielik nie meer Willie of Mossie se ligte gesien nie.  Ek het dadelik geweet, moeilikheid.  Dadelik omgedraai en so 400m terug lÍ Willie se GS weer pens in die lug en 'n pannier doer in die veld.  Daar was 'n sandgat in die middel van die pad, en Willie moes op sy randjie ry.......

Mossie was weer eerste by, het eers vir Willie opgehelp wat blykbaar uit soos 'n kers was, en hom in die koelte gekry.  Toe ek daar stop, was Willie grys in die gesig.  Meraai het gou water uitgehaal en sy gesig afgestof en vloeistof ingegee terwyl ons die GS uit die stof opgetel het.

Hy was nou nog nie by 'n dokter nie, maar vermoed hy't 'n rib gekraak of gebreek, want hy het steeds seer.  Ek het op daai stadium gedink, jou bekommernis was nie verniet.  Kyk hoe kry jy nou ambulans of wat hier in die verlate vlaktes.

Maar ophou is min.  Pannier is heeltemal afgeruk en ons het dit met 'n tou agter op die pillion sitplek vasgemaak.  Al wat Willie vra is dat ek die korste pad Alldays toe moet plot.  Maak so, dis ongelukkig diesefde roete en daar is nie korter roete nie.

Foto 1-2: Sandgat
           3: Meraai help my om sy pannier op die sitplek vas te maak.
           4: Willie wys weer hy's ok. ???
           5: Willie wys dis sy tweede val vir die dag.
       
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #8 on: October 05, 2010, 03:58:35 pm »
Jammer, maar ek kan nie heeldag op die net sit nie.  Maar hiers ek weer.

Na die tweede val wou Willie graag die kortste roete Alldays toe, maar die korste was die roete wat ek in elk geval geplot het.  Nog so 35km verder het ons by Suzies Place uitgekom waar ons die wonde gelek en die kele natgemaak het.  Van daar was dit nog 13km grondpad en 40km teer tot in Alldays.

Foto 1:By Suzies Place
        2: Bly maar 'n yster
        3: Die non-dogs soen die teer.  Never for a WD, hoekom is die grond op?
       
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #9 on: October 05, 2010, 04:24:35 pm »
Die aand het ons in Alldays Hotel geslaap.  Sterk aan te beveel.  Sandy doen nogal moeite vir bikers met die akkommodasie en prys.  Thanx Sandy, we had a good time.  Swem, eet en slaap.  Moeg, tevrede en lekker gery. :ricky:
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #10 on: October 05, 2010, 04:31:15 pm »
Terwyl ons in die swembad gelÍ het, het ons besluit om eerder teerpad te ry die volgende 2 dae, om meer skade aan Willie se GS te beperk.  Ek het 'n roete beplan gehad van grondpad vir 250km vir die dag, maar het toe besluit om al die plekke te besoek wat ons nog nooit gesien het nie.

Dag 2 was dus as volg:  Alldays, Pontdrift, Mapungupwe National Park, Messina, Tshipise en Louis Trichardt.  Geen fireworks nie, net teerpad behalwe 'n 6km grondpad na Harnham House Guest Farm waar ons oornag het.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #11 on: October 05, 2010, 04:35:05 pm »
Nog fotos
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #12 on: October 05, 2010, 04:38:47 pm »
By Mapungubwe, net binne die hek staan die mooiste kremetart boom, waar ons toestemming gekry het om gou fotos te neem.

Dankie Meraai, jy's 'n ster!!!
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #13 on: October 05, 2010, 04:43:21 pm »
Foto 1: By Tshipise se ingang.
        2: By die Hendrik Verwoerd Tonnels op pad L Trichardt toe.
        3: Die pad na Harnham House toe.
        4: Die ontvangs.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #14 on: October 05, 2010, 04:49:02 pm »
By Harnham House het ons sommer gekamp met die tente.  "Bet", die bestuurder daar was so gaaf om vir ons 'n tafel (met tafeldoek) en stoele te gee vir die aand.  Dit was lekker so in die veld, weg van alles.  Mooi netjiese ablusie blok met 'n diesel-donkie vir warm water.

Willie doen reperasies en Marietjie maak koffie.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #15 on: October 05, 2010, 04:54:48 pm »
Die grootste kiepersol wat ek nog gesien het staan net langs die kampplek.  Lekker gebraai en daarna bonfire gemaak.

Ons het voorberei vir tipiese Limpopo weer, maar kry toe die aand seker die koudste somersnag.  Maak maar plan en gebruik alles om mee toe te gooi.

Die volgende oggend het die son darem weer geskyn.

Gereed om te vertrek op dag 3.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #16 on: October 05, 2010, 05:04:09 pm »
Voor ons gery het, gou 'n groepfoto en bietjie sports.

By die eerste garage in L Trichardt, so 14km van die kamp af, kom Mossie agter sy topbox is weg.  Hy het agter gery, dus het ons nie agtergekom sy box het afgebreek nie.  Ek en hy ry terug en so 'n kilometer op die grondpad staan 'n man en vrou by hul bakkie met die box in die hand.  Die basisplaat van die boks het in die middel afgebreek en die box was baie beskadig.  Haal weer bungy cords uit en maak agter op die bike vas.  Terug in L Trichart 'n nylon tou gekoop en die box ordentlik vasgemaak.

Drink 'n loopdop voor ons Vivo toe ry.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #17 on: October 05, 2010, 05:10:32 pm »
Oppad Vivo toe, met beeste in die pad.  Hier is ongelooflik baie diere wat los in die pad loop.

In Vivo, of dit wat daar is, gestop en gesnack.  Weet nie of die foto so mooi wys nie, maar 2 seuntjies se harte bly gemaak wat graag net wou voel hoe dit op die bike se sitplek voel.

Van Vivo af het ons die pad reguit Pietersburg (Polokwane) toe geneem oor Dendron.  Daar het ons in 'n konvooi van omtrent 15 Zim kopertrokke vasgery.  Met die Sondag verkker van karre was dit 'n gesukkel om by hulle verby te kom.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #18 on: October 05, 2010, 05:24:01 pm »
Uiteindelik in Polokwane, en besluit om die ou pad terug te ry Naboom toe.  Net 110km.  Net buite Polokwane ry ons ons vas in 'n verkeersknoop van 4 bane karre wat stil staan.  Blykbaar 'n brandstof tenker wat op die snelweg omgeslaan het.  Draai om, terug Polokwane toe en stop by die eerste garage.  Plot gou 'n verbypad en besluit om Chuniespoort oor deur Lebowakgomo, Zebetiela, Roedtan na Naboomspruit te ry.

Dankie tog, die roete sluit 'n stukkie van 15km grondpad in, "pure bliss".

Alles gaan net te vinnig verby, en by Roedtan se hotel stop ons, maar die hotel is toe.  Nog net 45km, dan's die naweek verby.  Niemand wil eerste ry nie en ons draai en draai, praat en praat.  Maar eindelik kan ons nie meer uitstel nie.  Die laaste ent neem ook nie lank nie en op Naboom by die Wimpy groet ons mekaar vir oulaas.  Willie en Mossie, baie dankie my maats, dit was vantabulous.
Ek stick Marietjie vir middagete in die Wimpy, net om vir haar op 'n klein manier dankie te sÍ vir 'n onvergeetlike naweek.  Mrs Duster, ek waardeer jou trust wat jy in my vermoŽ het, dat jy bereid is om risikos saam met my te neem, wat vir beide van ons so lekker is. :ricky: :ricky: :ricky:  Jy bly my ster!! :thumleft:

Veilig terug by die huis, en goebaai van ons 4!!
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Laban

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Zero (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,361
  • Thanked: 3 times
  • "Ride my own Ride"
Re: 3 Dae Limpopo Langnaweek
« Reply #19 on: October 05, 2010, 05:41:17 pm »


Dankie vir die saamry Duster!! :thumleft:
..."sometimes the people around you won't understand your journey, they don't need to, it's not for them"...Joubert Botha

...tie my own bootlacesÖ