Ek wys eindelik na die bank op die regterkant. Mens kan sien sand het afgeskuif. Vandaar my vraag of die water verantwoordelik is daarvoor.
Ja...die water slaan vas daarteen met hooggety, en ons was die oggend net na springgety daardeur.
Op baie plekke kan jy die opdrifsel waar die water teen die duin uitgespoel het, sien...selfs 'n meter plus hoer as die voet van die duin.
Wat die water/duin ook veroorsaak is dit verhoog die watertafel (dit is asof die duin 'n soiliede toon het onder die strand, selfs al lyk die plat gedeelte soos soliede strand, is dit eintlik sand wat dryf in water, 'n tipe "slurry", jy voel dit duidelik as jy daardeur ry, die enjin kry so diep brul soos hy trek wannneer hy 'n bietjie insink.
Edit...Ek sien wat jy bedoel, die sand op die foto breek redelik hoog af...nee die water gaan nie so hoog nie...op die foto, omtrent horisontaal met my kop