Vraag: Hoe het julle beskikbaarheid van petrol bepaal in die verafgelee gebiede? Neem aan julle het nie die heeltyd met full stock gery nie? Is dit maar n kwessie van waar daar voertuie is moet daar petrol wees en dan begin vra of kon julle dit vooraf bepaal/ beplan?
Ons het gery op hoop..waar ons petrol kon kry, het ons volgemaak.
Die kapasiteit was so 50l per bike, wat afhangende van die terrein, jou so tussen 600 - 850 km kon gee.
Van die dele was daar nie voertuie nie, nie winkels nie...maar ons geheime wapen was die DR..alles in die volgende hoofstuk, behalwe my pc waarop ek dit gedoen het, het die gees gegee,

en ek moes die laaste twee hoofstukke oorskryf..hoop om dit so middagete op te sit...
Soos hulle se, "Staan by!"