Dewie, ek het gisteraand mooi oor jou vraag gedink en ek dink ek het die antwoord: Die verskil tussen die SE en die HP2 le opgesluit in die testosteroonvlakke van hulle eienaars.
Laat ek verduidelik. As mans het ons almal maar 'n goeie dosis van die "
my tril is langer as joune"-griep onder lede. HP2 eienaars se gemiddelde testosteroonvlakke is hoer as jou deursnee GS/GSA eienaar. Dieselfde is ook waar vir die SE vs die 950/990 Adv boys.
Die verskil is egter dat wanneer die HP2 ouens bymekaar kom (soos by die jambo) verklaar ons dadelik 'n skietstilstand en ag ons onsself as lede van 'n uitgesoekte geselskap van ooreenstemmende-lengte-tril-eienaars. Dit word eenvoudig as 'n gegewe aanvaar - ons relax en geniet die kameraderie.
Die SE boys, daarenteen, se trilgriep subside nooit nie.

In fact, los 5 SE eienaars alleen vir 'n naweek op 'n afgelee plek en net een sal (moontlik) lewendig daar weg kom.
So watter bike sal ons nog oor 20 jaar nog sien en bewonder? Die HP2 natuurlik! Teen daai tyd het die trilgriep in elkgeval reeds al die 950 SE's uitgeroei.... And there you have it!
Ps: