Ek weet. Ek ry definitief my TA in erger terrein as wat die designer ooit bedoel het. Dis nie die punt nie.
Dit gaan oor die gewig ding. Moenie kla as jy 'n 1200 koop en hy weeg te veel nie. Jy weet mos voor die tyd wat jy koop. As jy lig geraak wil wees oor gewig, koop 'n ligter bike! Dis mos maklik. Maar nou WIL sommige mense die grootste engine he EN die hardcore'ste trips doen. Dit pas nie, maar sommige wil mos "iets" bewys.

Dis my punt.
Daar IS 'n DS bike op die mark vir elke moontlike situasie. Mense moet nie hulle "over compensation" op 'n engine doen en dan kla as die ding nie 'n MX bike is nie.
As jy 'n dirt tourer koop, doen dirt touring. DS bikes by definisie is 'n compromise. Daar is nie 'n perfekte een nie. Koop dan liewer vyf bikes. Maar moenie hier kom kla as jou "manhood extension" nie alles kan doen nie. GEEN DS bike kan ALLES die beste doen nie.
Koop net die regte bike vir jou tipe riding. En as jy MOET over compensate, leef met die te"kort"kominge saam.
