Pongola 500 - 2010

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

chicco

Grey Hound
Joined
Oct 23, 2007
Messages
8,408
Reaction score
2,031
Location
World Citizen
Bike
KTM 990 Adventure
Die Pongola 500, 500km vanaf Pongola tot by Mosambiek en terug, hoe moeilik kan dit wees? Toe ek hoor daar is n rooi en groen roete het ek meer op my gemak gevoel, groot was my verbasing toe ek die map sien, rooi groen, selfde roete, rooi het net n extra 5 km in n droe rivier bed, oo hel...waarvoor het ek my ingelaat.

Wel, vrydag het vinniger gekom as wat ek verwag het en teen 2 uur was ek op pad Pongola toe, in die reen, dit het die hele week gereen en ons het 100mm in 24 uur gehad woensdag aand. Ek het die hele tyd die weer dopgehou maar dit wou voorkom of daar n swaar wolk agter my kar aangetrek het, moenie worry nie het almal gese, reen maak die sand hard.... :imaposer:

Daar aangekom was die manne al goed aan die kuier, almal besig met bangmaak stories oor modder, sand en olifante. Al die katte met die dik sterte was ook daar, Alfie, Dallie, Ian Stevens( SA se enigste Dakar motorfiets inskrywing vir 2010) die drie GS trophy manne  en n paar Roof ryers wat bietjie onspanning vir die naweek gesoek het. Richards Baai was goed verteenwoordig met 4 inskrywings, daar was ook n hele paar honne.... :thumleft:

Daar was 39 inskrywing van reg oor die land, die weapons of choise was soos volg;

GS 1150 - 1
GS 1200 ADV - 2
GS 1200 - 1
GS 800 - 6
GS HP2 - 4
KTM 690 - 2
640 - 2
950 - 1
990 - 1
990S - 2
990R - 2
Yamaha 660 tenere - 2
Yamaha S10 - "0"
950 SE - die res....

Ek moes geweet het daar is moeilikheid toe dallie die 2 dokters aan ons voorstel, een vir die engelse ryers - Dean (Deanhp2...maar hy ry nou n SE) en dok Piet van Pongola vir die afrikaanse ryers. Ons het ook elkeen n nommer gekry sodat hulle kon weet wie ons is as ons bewisteloos op die grond le en nog n plakker met al die emergency nommers wat ons op ons bikes moes plak.....4 Toyota landcruisers met 2 rigting radio's om na alle casavac gevalle om te sien....dit was darem n riem onder die hart om te weet dat die roetes darem begaanbaar is met 4 x 4's.

Vrydag aand was ek getuister met nagmerries oor modderswem en sandmonsters...2 uur skrik ek wakker soos die donderweer slaan, dit reen dat die biesies bewe maar oor 5 ure ry ons bike my hart klop in my keel, waar is my medical aid Kaart? is my testament in orde? wat gaan van my bike word? Ek bel my vrou, sy vra of ek gedrink het....

dan, die oomblik van waarheid...tyd om op te staan, ek kyk deur die venster...die son skyn...ek kry weer hoop...life is good...
Na n stewige ontbyt en n kort riders briefing val ons in die pad....( figuurlik gesproke natuurlik... :peepwall:
Die eerste 10km van die 500 was maar redelik sonder insedent, hard gravel, soos hulle se, die reen het nie veel van n indruk op die gravel gehad nie, daar was orals flaggies gemerk op die GPS, het later uitgevind dis nie waypoints nie...dit was daar om ons hoop te gee, soos in die oorlogstye....hoop om oorlewing... ;D

Die eerste moeilikheid was om die draai, jy kan sommer sien daar is k@k as die voorste jaers skielik in 3 verskillende rigting invaar, die probeem met modder is dat daar geen voorgeskrewe reels is hoe om dit te hanteer nie, en as jy sien die ou wat voor jou ry (hy is voor want hy is meer geskool in die tipe van ding as jy..n natural picking order kan jy maar se) sy ert af val het jy nie n keuse as om maar te hoop dat jy nie iets ernstig breek nie...

daar was n verskydenheid van oppervlaktes, rooi modder, swart modder...ja daai tipe wat klou soos stront aan n wolkombers, geel modder, hard gravel (my woord vir die maand....) slippery gravel, snottery gravel en dan was daar nog ook die tipes sand...wit sand, geel sand, swart sand en my gunsteling, oranje sand...dit is net die kleur klassifikasie...daar is dan nog ook die size klassifikasie...babapoeier, koeksoda, en suiker. :ricky:

Hier is n paar foto's...
 

Attachments

  • IMG_0522.JPG
    IMG_0522.JPG
    155.5 KB · Views: 907
  • IMG_0529.JPG
    IMG_0529.JPG
    98.3 KB · Views: 907
  • IMG_0539.JPG
    IMG_0539.JPG
    165.8 KB · Views: 900
  • IMG_0546.JPG
    IMG_0546.JPG
    163.4 KB · Views: 896
  • IMG_0521.JPG
    IMG_0521.JPG
    161.2 KB · Views: 1,230
Top