4 Manne, Drie Karoos, Twee biere

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Heimer

Bachelor Dog
Staff member
Global Moderator
Joined
Nov 4, 2007
Messages
14,736
Reaction score
1,155
Location
Stilbaai
Bike
BMW R1200GS
Twee Biere, huh?  Ons kom daarby. Dis 'n aangename tema-tjie wat homself nogal kan herhaal.

Ek het die trip report in Engels begin skryf en dit was glad nie lekker nie. Ek werk in Engels. Dis wat die IT bedryf aan mens doen en die verslaggie moet eintlik 'n plesier wees.

"So there" julle soutvogeltjies - hy is in Afrikaans.

Kom laat ons begin... Die CABC (September 2010) is geadverteer en ek was lus vir hom. So lus dat ek in Maart al bespreek het en die nommer CABC007 op myself verewig het.  :headbang:

Genoeg tyd om my al meer lus te maak om nie reguit soontoe te ry nie (330Km), maar met 'n effense ompad. Die idee was, dat as ek daar aankom, is ek en my fietsie al mooi vuil. Dit het toe so uigewerk

Ek het Dewald (Weskus), Rickus en Freek (Freak) nog nooit ontmoet nie, maar ons besluit per forum dat ons gaan saamry en hoe ons gaan ry. Ek laaik die forum kwaai.  Maters per muis.

Vir Weskus ontmoet ek toe vinnig vir 'n regte koffie voor die tyd en vir Freak vir 'n heelpaar ys-koffies by Alberto's terwyl ons die trip bespreek.

Die roete (1100km)  is toe as volg uitgesit:

Dag 1: Heimer en Freak per grondpad na Vredendal (sover moontlik). Durbanville, Wellington, Ceres, Citrusdal, Klawer, Vredendal. Slaap by Weskus (se huis). Eet sy kos en drink sy drank. Dit het ook so uitgewerk.

Tankwa Karoo:
Dag 2: Ry na Nieuwoudtvile, per grondpaaie na Calvinia en verder per grondpad oor die Gannagapas en Oubergpas tot by Skurwebergplaas (Sutherland). Eet, drink, kampeer en abluteer. Steeds gaan dinge goed.

Moordenaarskaroo
Dag 3: Ry Sutherland en oor die Komsbergpas na Laingsburg.

Klein Karoo
Dan verder aan via seweweekspoort tot in Ladismith, Van Wyksdorp en die CABC.

Daarshy. Trip report in 'n boksie.

Nou vir die foto's

 
Top