Winburg Hotel - jou lekka ding!! 
My moer! Dit bring nou herinneringe terug, Karoodonkie! Ek het eksplorasie in daai area gedoen so biki meer as 20 jaar gelede. Het elke aand in daai kroeg gesit en my veldwerk opgeteken. Die kroegman het deeltyds opera gesing in Bftn, en hy KON sing! En hy kon drink ook - ek het maar elke aand so self uitgewerk wat ek hom skuld en die geld op die "counter" gelos, want dan kon hy nie meer so lekker optel nie.
En elke aand het die spietkop en sy vrou so 2 doppies kom drink, sy met 'n blommerige katoenrok en hy met 'n "net vest" en sy "std issue" krimpelienbroek en swart skoene. More-oggend dan waai ek vir hom as ek deur sy "speed trap" jaag...
Goeie tye, goeie mense.