"Nie lekker in die kop" trip na Onseepkans

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Herrmann

Pack Dog
Joined
Jul 12, 2009
Messages
408
Reaction score
0
Location
Mosselbay
Bike
Kawasaki KLR 650
Dag 1:
So hier gaan ek. Dit was die dag met die baie teer pad. By Mosselbaai weggespring, op die N2 tot by Riversdal. Net voor Riversdal gou gestop vir brekvis by daai plek op regter kant, net voor jy afsak na Riversdal. Van daar oor die Garciapas tot waar ek die eerste stukkie grondpad kon vat tot op die R62.(foto 1)
Toe is dit weer met die teer af tot by Montagu. Daar gou weer petrol en watersak volgemaak. Toe na die N1 en na die R355, waar die lekker en hitte begin.(foto 2)
Vandaar is dit so 65km na die afdraai vir Gannagapas.(foto 3)
Dis hiervandaan wat ek Chris (ek dink dit was hy) se raad begin volg het om my hemp en buff in die water(enige water wat 'n ou kan kry) te dompel en net so aan te trek en da gat jy. Die raad het my lewe gered, dankie.
Op die pad kon ek sien het onlangs baie water gevloei, van die driwwe is lekker uitgevreet(1 of 2 van hulle het my amper my gat laat sien, want dis sommer 'n sloot binne in die drif). Verder is daar lekker sanderige gedeeltes. Ok, toe is dit deur die Tankwa Natuur Reservaat(baie mooi area). En toe Gannagapas uit.(foto 4)

Vandaar het ek gou by die Gannaga Lodge gestop en toe oor na Middelpos, waar ek by die hotel oorgeslaap het. Die plek bestaan basies net uit die hotel en winkel wat ook brandstof gooi. Ek was eintlik spyt ek het daar geslaap, ek moes eerder iewers in die veld my tent opgeslaan het, dit was so 'n mooi aand. Gooi maar die Tabard.
 

Attachments

  • SDC10724.JPG
    SDC10724.JPG
    58.8 KB · Views: 300
  • SDC10726.JPG
    SDC10726.JPG
    80.6 KB · Views: 300
  • SDC10729.JPG
    SDC10729.JPG
    47.5 KB · Views: 296
  • SDC10745.JPG
    SDC10745.JPG
    75.6 KB · Views: 300
  • Onseepkans.gdb
    212.7 KB · Views: 62
Top