Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: As pappa die dag pak vat...  (Read 348 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Kuifie

  • Brandslang Koning
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,947
  • Thanked: 31 times
  • Ek Laaik Ry
As pappa die dag pak vat...
« on: February 02, 2011, 10:01:51 pm »


Hulle s 'n mens praat nie oor jou huweliks probleme met vreemdelinge nie.

So ek het besluit ek skryf maar liewers daaroor, en as hierdie storie, "soos Joost se boek" net een man kan help, het ek my doel bereik.

Elkgeval om 'n kort storie lank te maak, gaan ek by die begin, begin.

Ek het 'n sout van die aarde, kerkmens getrou, die tipe mens met wie jy 'n langpad kan loop, 'n graad R onderwyseres, 'n sag geaarde Namakwa bloeiseltjie.

Min het ek geweet daai bloeisel kan na 2 jaar van huwelik verander in 'n kaktus.

Elkgeval soos met meeste struwelinge in 'n huwelik begin dit gewoonlik met jou vriende en my vriende.

Ek kry toe mos nou gister 'n oproep van my vetplantjie wat s ons gaan vanaand baba kyk.

Nou kyk baba-kyk is nie hoog op my lys van lekker dinge nie, veral nie as dit volksvreemde mense is nie.

Elkgeval ek noem toe so saggies dat ek dit nie kan maak nie en die volgende oomblik word daar 'n selfoon in my oor neer gebl!ksem.

Nou ek het nie gedink 'n mens kan 'n selfoon soos 'n ou huisfoon gooi nie, maar f*kweet, mamma is toe so moerig ek hoor eintlik hoe tref hy die Renault se dashboard.

So besef ek mamma bestuur en praat op die Selfoon en ek raak sommer lus en rapporteer die krimineel, maar wat ek eintlik gedink het, was wat gaan daai dashboard nie kos om reg te maak nie?

Nou, ek is ook nie 'n week getroud nie en ken mamma se k@k en stuipe.

Eers kry ek die "silent treatment" - sy dink dit is 'n straf maar dit is eintlik moer rustig.

Toe dit nie werk nie, kry ek die koue skouer en die sarkasme - nou as jy regtig jou vrou so bef*k wil maak dat sy die mure uitklim, dan moet jy maak asof jy nie die sarkasme verstaan nie en dit ernstig opneem.

Sy het toe gedink ek gaan ingee en saamgaan om vrede te bewaar en haar haar sin gee, maar toe nie.

Toe sy besef ek gaan nie saam nie, trek daai bo-lippie styf soos iets in spasma, en jy moet weet as daai lippie styf trek, trek die ander 2 toe soos 'n plastiek speelpop se parra.

Maar so staan ek mos nie bakhand vir 'n wolscooter nie en ek besluit om aan te gaan met my lewe.

Terwyl sy na 'n dag oue baba deur 'n venster gaan kyk, van mense wat ons 1 keer in 2 jaar sien. Goeie tye!

Elkgeval sy kom toe eerste by die huis en bel om te hoor waar ek rondloop?

Ek verduidelik ek is by die winkel en kom nou!

Koop nogal ewe 'n coke en sweetie-pie vir haar om te wys ek gee om en is 'n millennium man. "Nie dat ek bang is nie"

Elkgeval toe ek daar inkom kry ek steeds die stywe lippie, en daar is niks gemaak om te eet nie.

Dit is mos die ander straf "die ek staak huiswerk omdat ek nie my sin gekry het nie".

Maar my hande is nie rond nie en ek maak vir myself 'n toebroodjie. Toe sy sien die "ek staak" straf werk nie, kom staan sy voor my en toe begin die k@k.

Die Naggg stadium, 'n gekerm en gekla tot in alle ewigheid. Die Bybel praat van 'n vlamme hel, ek se k@k storie. As daar 'n hel is, sal dit wees waar jy sit met 7 vrouens wat gelyk sanik oor hoe 'n k@k mens en man jy nou werklik is. Die ouens wat getroud is sal beter verstaan wat ek hiermee bedoel.

Maar so is ek mos nie 'n klip nie, en raak ook moerig en sommer vinnig, en besluit maar nou sit ek my voet neer. Verduidelik toe vir haar dat ek werklik zero kan omgee oor wat haar vriende van my dink, omdat ek nie gaan goo-goo, gaa-gaa het nie.

En dat sy oor dit moet kom, of haar issues gaan afstap en my f*kken uitlos.

Maar f*kken steeds hou sy nie op nie, en ek besluit maar nou is dit tyd om handgemeen te raak.

Nou, ek besef jy mag hulle mos nie meer slaan soos in die goeie ou dae nie, en ek bl!ksem toe maar 'n bord teen die kombuisvloer neer.

Man die stukke het nog nie eens gaan stil l nie en sy gryp my beursie en pluk my 2de laaste R50 vir die maand daaruit en s sy gaan more 'n nuwe bord koop.

Maar teen die tyd is ek al so liries befok, en ek ruk sommer self my laaste R50 uit en s sy moet maar twee koop, en ek gryp nog 'n bord en mik-mik so na haar voete met 'n wille swaai beweging van my arm asof ek epilepsie fake.

Sy skrik en koes koes so gelyk, want sy dink hoe gaan sy vir haar vriende verduidelik ek het haar toon met 'n bord gebreek.

Maar met die wille aapdans van haar begin ek net te lag en besef hoe belaglik die hele affre nou eintlik is.

F*kken groot fout bra, jy lag nie vir 'n vrou wat kwaad is nie!

Eers gryp sy die sleutels en gooi, maar sy mis my net net en gooi amper die agterdeur se venster uit.

Toe gryp sy 'n liter coke, ek wou nog koes maar toe tref hy my net so links onderkant my lat se voorpunt, "so langs die knie".

Sjoe! Dit was close. Maar die aanval stop toe nie daar nie en mamma storm die kombuis binne soos een van daai mal vrouens op Flavour Flave.

So besef ek, maar sh!t, ek het myself in die kombuis vasgekeer, 'n groot fout.

En die dag voor dit, het ons Ninja Assisans gaan kyk, nog 'n groot fout.  Ek dog sy s dit was 'n k@k fliek, maar sy het duidelik meer aandag as ek gegee in die bioskoop.

Sy trek daar los met kaal hande, maar daai arms swaai asof sy 2 ninjakas met spykers in rond slinger.

Ek focus en gryp haar om die polse om die aanslag te keer, maar fok weet, sy doen daai flying-kick-back-twist-ankle-grinder move en trap my op die bors so tussen die moobs (man boobs).

Sy skop my so hard, laat ek hik en op my gat gaan sit. Daar l ek in die kombuis so langs die Addis vullisblik tussen die stukke gebreekte bord wat my selektief sny soos ek probeer spartel om weg te kom van hierdie begeesterde bloeisel.

Vir 'n oomblik is ek in skok en dit voel soos 'n ewigheid wat ek daar l, maar 2 sekondes later sien ek hier kom sy weer, maar die keer met 'n besem.

Wragtig 'n f*kken besem, ek het nooit gedink sy weet wat 'n besem is nie, maar sy weet hoe om met hom te slaan.

Ek het mos nou die dag national geographic gekyk en besluit om in 'n bondel te gaan l en maak asof ek dood is, maar dit het nie gehelp nie ek het steeds op my moer gekry.

As dit nie was dat sy so onfiks is nie, was ek seker nou nog op die kombuis vloer tussen die splinters besig om pak te kry soos 'n bergie wat 'n fiets probeer steel het.

Toe alles kalmeer het, en die hond onder die bed uitkom en die kat van die gordyn raam afklim, het ons wel lekker gelag oor die mannewales en vrede gemaak.

Maar ja, die storie bewys dat jy wel mans kry wat soms 'n pak slae kry by mamma.

Ek het net nooit gedink ek sou een van hulle gewees het nie.  Die blink kant van alles is dat ek nou slaap soos 'n baba, want ek weet as daar 'n inbreker kom gaan hy goed op sy moer kry.

Hoop net hy breek eers 'n bord.

Groete

Eerlike Smous

Ps moenie vir my vrou s van die storie nie.
"If the left side of your brain control the right side of your body, only left handed people are in the right mind"
 

Offline GRUNT

Re: As pappa die dag pak vat...
« Reply #1 on: February 02, 2011, 10:12:19 pm »
 :imaposer: :imaposer: :imaposer: Uitstekend!!!!
I am pure Krogan,you should be in awe!
 

BigEd

  • Guest
Re: As pappa die dag pak vat...
« Reply #2 on: February 03, 2011, 08:59:12 am »
Toe gryp sy 'n liter coke, ek wou nog koes maar toe tref hy my net so links onderkant my lat se voorpunt, "so langs die knie".

Ai, hoe lag ek myself nou weer so stukkend... :imaposer:
 

Offline Padrone

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Ural (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,058
Re: As pappa die dag pak vat...
« Reply #3 on: February 03, 2011, 05:00:21 pm »
10 uit 10  :imaposer: :imaposer:
Don't pick a fight with an old man.If he is too old to fight,he'll just kill you.
"If you carry a gun, people will call you paranoid. That's ridiculous. If I have a gun, what in the hell do I have to be paranoid for"
Bikes in my garage
The Pig has left the sty.
1982 Suzuki 500DRS 2004 KLR  650    Sold Yamaha ST First edition 2012 Ural Gearup
 

Offline Freak

Re: As pappa die dag pak vat...
« Reply #4 on: February 03, 2011, 05:44:38 pm »
Ek s steeds. Al is hulle hoe mooi. LANG HAAR HUISDIER MET DIE SPOOR VAN N MENS.

mal goeters di!

Kak snaaks. Dankie
Italjet - still have
YZ 80 - sold
Suzuki TS - 50 - broken
2x YZ 250cc - sold
Kawa KDX 200 - sold ZX - 6R - sold Suzuki GSXR 1000 K4- broken and in the bin Suzuki GSXR 1000 K5 - sold BMW GS 1150 - sold KTM 950 adventure S - sold Currently:  '79 BMW Bobber '63 BMW R50/2 '62 BMW R60/2 with sidecar '54 BMW R26/2 ... Still in kit form '74 BMW R75/6 custom .. In progress '82 BMW R80 G/S
 

Offline Poenjas

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Limpopo
  • Posts: 600
Re: As pappa die dag pak vat...
« Reply #5 on: February 03, 2011, 06:33:22 pm »
 :imaposer: :imaposer:
Laat my wonder of trou so goeie opsie is...  :peepwall:  (Gelukkig is my ander helfde nie hier op nie)
Hou vas! Pappa gaan vinnig ry!
 

Offline Firesquirrel

Re: As pappa die dag pak vat...
« Reply #6 on: February 03, 2011, 06:54:27 pm »
It is like this ....
Current Bikes :  KTM 690
 

Offline matt

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Free State
  • Posts: 107
  • Green On Go
Re: As pappa die dag pak vat...
« Reply #7 on: February 04, 2011, 07:46:04 am »
 :thumleft: :imaposer:
 

TheSaint

  • Guest
Re: As pappa die dag pak vat...
« Reply #8 on: February 09, 2011, 07:51:31 am »
waahaaahaaa brilliant.................  :laughing4:  :imaposer: