Twee boere, Jakob en Hendrik dryf rond in 'n boot op see. Hulle grawe deur die boot se voorraad en Hendrik ontdek 'n lamp.
Hy vryf die lamp en 'n genie kom uit. Die slegte nuus, sê die genie, is dat daar net een wens is.
Hendrik, sonder om te dink, skree, "verander die see in brandewyn en coke!"
Die genie klap sy hande en die see verander in brandewyn en coke.
Die twee sit doodstil en dink. Jakob staar na Hendrik met misnoë. "Mooi so, breindood" sê hy, "nou moet ons in die fokken boot pis!!"