The Tankwa National Park

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Andy660

Grey Hound
WD Supporter
Joined
May 28, 2007
Messages
5,598
Reaction score
13
Location
Grantham.Uk
Bike
Yamaha XT 660 Z
On a reccie we were doing for Pistonpetes WC ride , we discovered an old Agricultural Steam Engine , some old ox wagons and an unusual House or Fort looking building.

SatStonehengeBashRoute163.jpg


On Investigating its owner I discovered this article written for the Burger News paper.
And not wanting it to be forgotten , I thought I`d post it here , so we can remember Alewyn Berger although there seems to be some controversy around him or hid dam !

Waar is berigte oor gesienes wat sterf?
wjordaan
’n Nuwe geslag joernaliste, minder vertroud met die verlede, kan seker nie daarvoor kwalik geneem word nie, maar dis opmerklik hoedat bekende, gesiene mense uit ’n vorige era deesdae sterf sonder dat koerante, soos voorheen gebruiklik was, daarvan kennis neem en ’n berig oor hul lewens, loopbane en prestasies plaas.
Die jongste voorbeeld was die heengaan van oud-regter Alewyn Burger.
Hy het as gesiene Kaapse advokaat, kenner op die gebied van watersake en latere regter jare lank diep spore in die regswêreld getrap.
Hy is voorverlede week op 92 op Swellendam oorlede.
Behalwe vir sy regsloopbaan verdien hy ook erkenning vir die totstandkoming van die Nasionale Tankwa-Karoopark tussen Ceres en Calvinia.
Hier het hy in die vroeë 1960’s ’n uitgebreide boerdery in ’n uiters droë, onherbergsame landstreek op die been gebring en een van die grootste private besproeiingsdamme in Suid-Afrika in die Tankwa-rivier gebou toe die Aspoortskema waarvoor hy hom beywer het, nie gematerialiseer het nie.
Sy handewerk het ’n oase in ’n barre halfwoestyn geskep en uiteindelik gelei tot bewuswording van hierdie afgeleë, besonderse omgewing en die belangrikheid daarvan om dit te bewaar.
Sy plase en dié van ander boere is later deur die eertydse Parkeraad uitgekoop en in die unieke Tankwa-Karoopark gekonsolideer, waar sy imposante klipwoning op Oubaaskraal nou die middelpunt van een van Suid-Afrika se kosbaarste natuurbates is.
Sulke nalatenskappe deur belangrike, ondernemende figure uit ’n vergange tydvak behoort met hul heengaan in Die Burger vereer te word om iets van die spore wat hulle getrap het, onuitgewis te laat.
Johan van wyk Strand
 
Top