XR 250 vs TTR 250/230

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
Tans droom ek maar van bikery noudat ek spaar vir my volgende bike.

(Het gistraand tot gedroom ek kry 'n R12 000 speeding fine!)

Die ouens wat my ken se ek moet liewers nie gaan vir iets groot op die oomblik nie, maar liewers by 'n kleinerige iets bly.  So nou begin ek maar solank rondloer en specs kry en so aan. 

Daar mag 'n kans wees dat ek dalk DALK 'n XR 250 kan kry, maar gister toe sien ek mos vir die eerste keer 'n Yamaha TTR 230.  Yeez!  (ja dit moet maar 'n hy wees)  Hy's HOT! 

Soos dit vir my lyk is party van hulle padwaardig en ander nie.  Die nuwes is 'n bietjie te duur vir my, maar soos ek die storie verstaan, Trailrider het my baie info gegee, is dit 'n scrambler wat padwaardig is.  Die XR is weer 'n padwaardige bike met wat jy kan speel, maar die TTR is die wilder een (230)

Nou ja, ek weet maar min van bikes.  Al bietjie wat ek weet is dit wat ek van die tdub geleer het.

Waarvan ek hou sover is om te travel met die oog daarop om te gaan speel by 'n plek.  Terreine soos Wuppertal  ::) is great fun, en met my volgende bike sal ek besis meer van dit wil doen.  As ek 'n ou hobbeltjie sien of 'n ding dan probeer ek gewoonlik die ding jump ook, so watter bike sal die beste vir dit werk. 

Spoed pla my nie veel, As ek meer as 110 ry sal dit baie wees.

So menere en dames .....  watter bike sal die job die beste doen?
xxx
 
Top