Hey Louis,
Ek het hierdie RR in een sitting gelees. Hierdie is moontlik die lekkerste RR wat ek nog op die forum gelees het. Ek het altyd gewonder of ek weer Namibie toe wil gaan. Was 'n paar keer daar terwyl ek in die weermag was en ken die nat Noorde van Namibie baie goed.
Was een keer met die Landy daar toe ons die Visrivier Canyon gaan stap het.
Nou wil ek dit op 'n bike ook doen. Daar is net iets van Namibie wat my soos 'n magneet trek. Ek weet nie of dit daai oop vlaktes is of dalk die ongereptheid daarvan is nie, maar definitief baie hoog op my "MOET DOEN" lys.
Dankie dat jy dit in soveel detail gedeel het. Ek het dit baie geniet. Selfs my vroutjie het op 'n stadium onder my arm ingeklim en saam geniet.
