MMC 2011 - MIDDELBURG

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

LOTTA

Pack Dog
Joined
Mar 13, 2010
Messages
227
Reaction score
0
Location
Oesterbaai
Bike
BMW R1200GS Adventure
DAG1: Klompie manne van Humansdorp en JBay het op Vrydag 29 Apr bymekaar gekom om die Mighty Men Conference op Middelburg (Kaap) te gaan bywoon. Die roete was via Uitenhage, Jansenville en Graaf Reinett na Middelburg. (ongeveer 400km) Ons het baie tyd gehad en dit rustig gevat. Om 08h30 op Humansdorp weg en so 16H00 by die kampterrein aangekom.

Die manne het letterlik in die veld geslaap wat glo n ongelooflike lekker en bitter koue ondervinding was. Het die nag erg geryp en die volgende dag het almal nog komberse op Middelburg gaan soek.

Die konferensie was baie goed georganiseer in n pragtige omgewing met n uitstekende verhoog en klank toerusting. Die manne het opgeruk met karavane, tente, vragmotors en natuurlik motorfietse van alle soorte. Dit was vir my n baie lekker ervaring om na Angus Buchan te kon luister en sy verkriklike entoesiasme as christen te beleef.
 

Attachments

  • 012.jpg
    012.jpg
    59.6 KB · Views: 162
  • 016.jpg
    016.jpg
    71.3 KB · Views: 160
  • 019.jpg
    019.jpg
    62.5 KB · Views: 160
  • 021.jpg
    021.jpg
    74.5 KB · Views: 163
  • 023.jpg
    023.jpg
    49.1 KB · Views: 165
  • 024.jpg
    024.jpg
    52.4 KB · Views: 157
Top