'n Tjop wat afval teen 'n hoek wat inval. (Die Skaapkop gilde se uittog.)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Heimer

Bachelor Dog
Staff member
Global Moderator
Joined
Nov 4, 2007
Messages
14,658
Reaction score
1,072
Location
Stilbaai
Bike
BMW R1200GS
Ons praat mettertyd  oor die tjopkop, die aftjop, die afval, en die afkop

Almal neuk nou so oor die RR, dat ek ophou dink het oor hoe ek hom wil skryf en maar net gaan laat waai.

Op 9 Januarie begin Bie ons lus maak met ‘n voorstel dat die plaas Benouwdsfontein besoek word vir skaapkop.

Tannie Marie van Wyk is blykbaar ‘n meester daarmee en met kerrie afval.

Ek het genoeg gehoor – ek het op die gesprek ingeskryf en geweet dat wanneer ook al die kop-eet gaan gebeur, ek sou doen wat ek kan om ook daar te wees.

Omtrent 25 bladsye se stront praat, naar maak (deur die on-geïnisieerdes) , lus maak, grappe maak en reëlings tref op een van die mees prettige threads ooit op die forum het ‘n klomp dapperes en malletjies vertrek om te gaan kop eet.
(Daar word mos gesê jy’s dapper die eerste keer en mal as jy die tweede keer iets buitengewoons doen).

Dan is daar ook die mee-lopers wat graag in persoon wil kom gril en vir die lekker saamry gekom het.

Die koppe moes nog geëet word, maar ons het hier ‘n Skaapkop Gilde in wording, en danksy Bie - ook 'n wapen vir diegene wat die kop baasgeraak het


 

Attachments

  • Skaapkopgildesmall.jpg
    Skaapkopgildesmall.jpg
    42.8 KB · Views: 519
Top