Ek laaik 'n windpomp, dit is so sinoniem met die karoo en 'n emblaam van S.A.
Gaan kyk gerus op Loeriesfontein na die windpomp museum. Die oudste windpomp in ons land is 'n Mogul. Ek is ook mal oor Listerpompe. Dit is net jammer dat die sonpmpies die goed nou vervang. Daar is ook 'n Windpomp kroeg op Brandvlei.
Naby Barrydale is 'n ou plaashuis met 'n windpomp in die sitkamer. Het per toeval daar water gekry om 'n doppie. Dak is afgegooi en muur platgeslaan en daar is met 'n stampboor geboor.
Ek is juis op soek na 'n Climax windpomp stert. (Die plaat met die naam op)
Laat die windpompe rol!!!