GRAAFF REINET (SKAAPKOP) BETHULIE TRIP

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vis Arend

Bachelor Dog
Joined
Nov 14, 2010
Messages
11,807
Reaction score
2,005
Location
King William's Town
Bike
Honda CRF-250 Rally
GRAAFF REINET (SKAAPKOP) BETHULIE TRIP

Ek en Mev Vis Arend se gaaie het al weer gejeuk en ons was weer lus vir ry.  ‘n Ou pel van my het my so week tevore gebel en daar en dan was ‘n trip gereel.  Dit sou nou wel teerpad wees, maar ons wou graag mekaar weer sien en sommer so bietjie rondrits.

Die spannetjie lyk so.

Vis Arend en Mev Vis Arend - S10 (Blou Bliksem)
Ben Ten - S10

Ons, ek en Mev Vis Arend sal Vrydag van King William’s Town vertrek na Graaff Reinet waar ons die aand skaapkoppe en afval sal eet by ‘n skool vir een of ander fonds insameling en dan sommer by Ben Ten oorslaap. 
Die volgende dag, Saterdag,  vertrek ons na Bethulie via Middelburg, Steynsburg, Venterstad, Oviston, oor die Gariep damwal na Bethulie.
Die Sondag is ons weer op pad huistoe vanaf Bethulie na Venterstad, Burgersdorp na Molteno.  Slap voor Molteno groet ons mekaar en Ben Ten gaan terug na Graaff Reinet en ons gaan na King William’s Town via Molteno, Sterkstroom, Queenstown, Cathcart en Stutterheim.

Toe ons natuurlik die trip gereel het, was dit lekker sonskyn en lekker warm.  Die van julle wat my vorige RR gesien het sal weet dat iewers in my lewe het ek die reen gode baie kwaad gemaak, wel dit was weer so.  Die Vrydag toe ons van King vertrek, toe reen dit katte en honde,  al van die vorige dag en dit was flippen koud.  Maar wat sal ons maak, die ysterperd was gesaal en ons jeuk mos om te ry, so ry sal ons ry.

So het die Buffelsrivier wat deur King loop, gelyk.

100_9675.jpg


Nog ‘n kiekie van die Buffelsrivier oor die brug op die N2.

100_9680.jpg


Die foto was op pad na Alice by Middeldrift.  Die paaie was sopnat en die water het ooral gevloei.

100_9687.jpg


Ons kon nie baie fotos neem nie, dit het te hard gereen.  Ons het in Bedford ‘n lekka bruch gehad en is toe vort. 
Een van min fotos op die pad na Graaff Reinet.

100_9968.jpg


Ben Ten het ons so kilo of twee voor Graaff Reinet ontmoet.
Die bekende kerk in Graaff Reinet

101_0012.jpg


Die dam by Graaff Reinet het ook oorgeloop.

101_0013.jpg


101_0014.jpg


NIE VIR SENSITIEWE KYKERS NIE.  HEIMER EN DIE RES VAN DIE SKAAPKOPGULDE – GENIET DIT
Die skaapkoppe, en boeta, was dit lekker.

101_0015.jpg


Die afval, was net so lekker.

101_0016.jpg


So smul ons aan die koppe.  Ek in die voorgrond besig met die kake en Ben kyk wat hy uit sy vrou se bord kan steel.

101_0017.jpg


Die ou in die agtergrond het die regte mes gebring.

101_0018.jpg


Die aand was heerlik, die kos was uit die boeke en die” koffie en tee” was ook lekker, net te veel.
Die volgende oggend, buite Ben se huis.  Daar was ‘n lekker byt in die lug en ons was nie te vars nie.  Moes iets gewees het wat ons geeet het!  Maar ons is dapper muise en die pad het geroep.

101_0056.jpg


Net buite Graaff Reinet, die koue le dik.

101_0070.jpg


Toe ons petrol ingooi in Graaff Reinet, bel ‘n vriend van Ben en se hy wil so ent saam ry.  Hy is ook ‘n lid van WD by die naam Hamster.  Welkom Johan, lekker gewees om te ontmoet en dankie vir die saamry tot Middelburg.  Hoop om binnekort weer saam te ry.

101_0076.jpg


Die ene Ben Ten

101_0079.jpg


Nog so paar fotos so in die ry.

101_0084.jpg


Ben Ten en Hamster so agtertoe geneem.  Mev Vis Arend was weer op haar stukke.

101_0154.jpg


So blaaskansie op pad.  So staan die blou waens

101_0208.jpg


Die wolke was besig om te wyk en die dag het lekker opgewarm.

101_0259.jpg


Ietsie te ete gehad by die Keg in Midddelburg.

101_0269.jpg


Hamster het ons hier gegroet en is terug na Graaff Reinet, ons was voort na Bethulie.
Die bord vertel ons dit is beter om ‘n alternatiewe roete te neem weens die toestand van die pad.

101_0326.jpg


En was die pad sleg?

101_0336.jpg


Nog so paar POT HOLES

101_0337.jpg


Wie se dit was heel pad teerpad

101_0358.jpg


Gariepdam was weer vol, of is dit nog steeds.

101_0406.jpg


101_0422.jpg


101_0428.jpg


As ‘n man hier inval...........

101_0429.jpg


............spoeg hy jou hier uit

101_0430.jpg


Hier is twee videos, check maar of julle dit kan sien.





Op die damwal.

101_0445.jpg


Hier het ons geslaap op Bethulie.  Dis die bikepackers van Lupo, ook ‘n WD mannetjie.  Gawe mense die, was voorheen hier en sal weer kom kuier.

Ben hard besig om te konsentreer, dis ‘n rare kiekie sonder ‘n “koffie” in die hand.

101_05422.jpg


Die Sondag oggend was ons weer oppad.

101_0542.jpg


Maar eers ‘n draai gemaak by Ou Vellies, Lupo se koffiewinkel met die lekkerste muffins.  Die plek moet besoek word, dis lekker en spot goedkoop.  Die manne het ons ondersteuning nodig.

101_0543.jpg


101_0547.jpg


En toe ‘n draai gemaak by die treinbrug in Bethulie.

101_0580.jpg


En toe was ons weer oppad.  Hier ry ons oor die Oranje rivier waar hy inloop by die Gariep.  Dis ‘n laaaaaaaaaaaaaang brug die.

101_0623.jpg


So paar portrette van bo af geneem.

101_0628.jpg


101_0642.jpg


101_0643.jpg


Draai gemaak in Burgersdorp, blykbaar ‘n baie geskiedkundige dorpie. 
‘n Prentjie van die taalmonument.

101_0843.jpg


En ‘n kerk in Burgersdorp

101_0848.jpg


Weer op die pad

101_0871.jpg


101_0895.jpg


En hier het ons paaie geskei, ek na King en Ben na Graaff Reinett. 

101_0916.jpg


So paar kiekies op pad huis toe.
JMol se windpomp foto

101_0938.jpg


Road in a distance

101_1010.jpg


Rail track in a distance

101_1026.jpg


Your bridge photos

101_1052.jpg


Ou lokomotief in Sterkstroom.

101_1082.jpg


Net voor Queenstown

101_1162.jpg


En hier het ons amper ons gat gesien, so 25km voor ons huis.  Lekker om ‘n draai gekom toe le die boom oor die pad.  Briek aan draai het min gehelp, ons is met spoed onder duer die boom aan die regter kant.  As daar ‘n kar van voor was...., nou ja.  Say no more.

101_1308.jpg


Nou ja, so kom elke trippie tot ‘n einde.  Dit was weereens lekker gewees.  Lekker gewees om ‘n ou vriend weer te sien en saam te kuier.  Dankie Ben Ten, vir jou en vroulief , vir julle gasvryheid, die slaapplek , die skaapkop ete en die saamry, ons het dit baie geniet, sien binnekort weer .
Ek sal nie dankie se vir Mev Vis Arend nie, netnou kan ek nie met haar huis hou nie.

Tot weersiens.
 
Top