Pieter Willering
Pack Dog
Pretoria na Sabie - Solo ry verslag naweek 2011-06-18
Vroeg Vrydag oggend om 05:45 val ek in die pad nadat ek reeds op die vakansiedag al my goedjies bymekaar gekry het. Die 1200 GS staan gelaai en reg vir opspring en ry. Donderdagaand die laaste kamera batterye, kopstuk batterye en I phone reggekry vir die langpad. Aangesien ek ‘n stewige entjie grondpad beplan, het ek my “side paniers” by die huis gelos en ‘n naweektassie met cargo-net op die agtersitplek staan gemaak.
Hier staan my fiets reg om te vertrek:
Om so lig as moontlik te pak en dan steeds genoeg klere by jou te he om nie koud te kry nie is ‘n kuns. Ek het besluit op my thermal Edgars onderklere- met ‘n K-Way hemp-, t-hemp, thermal kouse en dan ‘n gewone airflow baadjie en Adventure broek. Met my oorbeskermers in plek, die gemenge Afrikaanse en ander 80’s musiek in my ore, telefoon gereed vir oproepe het ek in die pad geval. My bestemming- Pretoria, Middelburg, Carolina, Badplaas dan met die R 541 oor Tjakastad, Mooiplaas, Ekulindeni en dan deur die Songimvelo Game Reserve op na die Josefsdal/ Bulembu (Swaziland) grenspos. Aangesien ek hierdie pad al verskeie kere tevore met my 4x4 gery het, was die stukkie besonderse landskap en pad nie vir my vreemd nie. Ek het geweet dat die grondpad gedeelte nie te sleg was nie, maar mens sal moet kophou in die bergpas deur die natuur resevaat. Op hierdie pad beweeg mens ook deur ‘n verlate myndorpie Diepgezet wat genestel is tussen die pragtige berge van die omgewing. Die dorpie word steeds onderhou (waarskynlik deur die myn) en verskeie verlate huise en selfs ‘n kerkie is in ‘n goeie toetand gehou. Hiervandaan sou ek dan oor Josefsdal met die “nuwe” teerpad en pragtige Saddle Back Pas R 40 terugbeweeg rigting Barberton en van hier reguit aan rigting Nelspruit. Vanaf Nelspruit na Sabie waar ek dan by Woodman's sou oornag. Die beplanning was om vanaf Sabie ‘n paar passe te gaan ry die middag en dan die Saterdag huiswaarts te keer oor die Long Tom pas- Lydenburg, Dullstroom, Belfast, Middelburg en Pretoria.
So gese so gemaak, en die eerste stuk pad van Pretoria na Middelburg word aangepak. My beplanning was om sommer op Middelburg Ultra City brandstof vol te maak en ‘n koffie te drink voordat ek verder na Carolina sou vertrek. Dis hier waar ek vrek koud gekry het, die ewige stryd teen die wind het my laat wonder of ek die regte ding doen om solo hierdie pad aan te durf. Maar dis hoekom ons bike ry, en in die donker, met al 4 spotlights aan sukkel ek teen so 140 km/h voort in stryd teen die koue en wind. Ek sien hoedat die goue gloed van die sonopkoms op die Ooste horison verskyn en wens heimlik dat die sonnetjie vinnig sy verskyning maak. Ek hou nie daarvan om in die donker te ry nie, maar wou die eentonige stuk pad so gou moontlik agter die rug kry. Om 06:50 arriveer ek by die Shell Ultra- gooi gou brandstof en koop by Steers vir my ‘n lekker koppie stomende koffie om so bietjie hitte in my verkluimde lyf te probeer kry. Dit het sy eie gevoel om alleen te ry. Met die geselekteerde musiek in my ore, die brullende 1200 Boxer masjien tussen my bene, die nuwe Stealth pyp, die koue en wind, my eie gedagtes en die pad wat voorle hou sy eie bekoring in.
Die foto is geneem by die Shell Ultra - Middelburg
Van hier af druk ek die GS se neus rigting Carolina steeds op die N4. Na ongeveer 50 km kry jy die afdraai regs en op ‘n baie mooi pad verby die Steenkoolmyn kom ek uiteindelik om ongeveer 08:00 in Carolina aan. Hierdie pad het my laat besef waarom mens bike ry- die reuk van wintergras, die nattigheid van die koue in die neus, die vingerpunte yskoud deur die handskoene en “heated grips”, jy en die pad- julle alleen, met jou eie gedagtes en introspeksie van jou lewe. Dit gee mens tyd om te dink, sonder dat iemand jou pla, om regtig te dink, te bepeins, te besin en planne te maak.
Met die sonnetjie nou aan die uitkom, en die lang skaduwees en goue gloed lyk selfs die minder mooi Carolina redelik aantreklik.
Op Carolina het ek sommer so van die fiets af in die verbygaan 2 foto’s geneem, (net om te wys ek was daar) en reguit deurgeskiet na Badplaas. Die winde was bietjie minder maar ek het geklapper tand binne my dop. Ek het so koud gekry dat mense wat my gebel het, verbaas gevra het wat fout was, min wetende dat ek op die fiets in die koue op pad was.
Ek het om 08:33 op Badplaas aangekom - 264 km later en gou weer brandstof gegooi. Van hier af sou ek Sabie kon haal met ‘n vol tenk.
Net na Badplaas draai die pad regs rigting Tjakastad.
Mens ry van hier af deur Ekulindeni en moet maar baie versigtig wees vir skape, bokke, beeste en Taxi’s. Die pad is goed vir ‘n hele end, tot net voordat dit die grondpad word, waar daar meer potholes is as teerpad- hierdie stukkie is egter net so 6 km en geen probleem as mens dit versigtig benader nie.
My volgende stop was Diepgezet, en hier het ek nadat ek in Ekulindeni die pad misgery het (en nee mans verdwaal nie) deur ‘n diep moddergat geploeg om weer by die regte pad uit te kom. My GPS was vol strooi en hulle was besig met padwerke en al die paaie was herlei. Die modder het goed afgeloop alhoewel ek baie amper die swaar GS laat val het. Modder en Anakee bande is nie baie goeie maatjies nie. Na so bietjie rondry in die lokasie is ek weer op die pad na Bulembu. By Diepgezet gou my ontbyt ge-eet wat uit ‘n Protien bar en ‘n stukkie biltong bestaan het- dit is afgesluk met ‘n botteltjie Valpre Spring water.
Hier het ek sommer weer ‘n paar foto’s geneem- wat ‘n pragtige plekkie, selfs nog ‘n Golfbaan ook.
Nadat ek die innerlike versterk het pak ek die Natuurresevaat en die pas aan tot by Bulembu. Ander BMW manne ook op die pad gekry wat met ‘n groot gesukkel die uitkyk punt bereik het. Die een ou het sy Adventure “gedrop” in die proses, maar darem nie seergekry nie. Met die tweede probeerslag kon hy daarin slaag om bo te kom.
Die pas self is in ‘n baie goeie toestand en as dit moet sal jy dit met ‘n gewone karretjie kan ry, wel net as dit Avis sin is. Vroeg vroeg het ek Josefsdal bereik en links gedraai rigting Barberton. Ek het besluit om reguit Sabie toe te ry en te kyk of ek iets daar te ete kan kry, en miskien ‘n middagslapie inpas voordat ek ‘n paar passe aldaar aanpak. Gou hier op die SaddleBack pas gestop vir ‘n foto van die kabelkarretjie wat van die Myn in Barberton en Bulembu Swaziland met mekaar verbind word.
Dis nou ‘n lekker pas, hierdie Saddle Back - die koue en winde van die oggend nou vergete, geniet ek myself gate uit en soos ‘n wafferse Superbike ryer, sit ek die GS deur sy passe. Met inagneming van rondloper diere en dat ek alleen is, het ek dit nie te kwaai “gepush” nie maar lekker gery. Hiervandaan reguit oor na Nelspruit en Sabie.
Om 11:45 arriveer ek in Sabie 482 km verder, maar nog steeds nie moeg gery nie. By Woodmans aangekom, vat ek onmiddelik ‘n lekker warm bad, en trek my uitgaan klere aan, ‘n t-shirt en denim. Na ‘n Hele Hoender en slaai op Woodmans se dek, roep die bed my vir ‘n middagslapie- ek is mos alleen en kan doen wat ek wil- wel so het ek gedink. Maak kontak met Stephan, Cobus en Rhudi, en ons besluit dis tyd vir ‘n koeldrank en hulle sou my kry by Woodmans bietjie later. TC was ook daar maar besig met werk in Nelspruit en sou later aansluit. Stephan, Anja, Gerhard, Adriaan en Mike was in Hazyview en hulle sou die 22 vat en by my aansluit by Woodmans, so ook Rhudi. Cobus sou bietjie later die middag by ons aansluit van Witrivier se kant af. Waar ek ‘n solo trippie sou doen , is daar sommer weer klaar ‘n klompie ou en nuwe vriende gemaak- almal Woemers. Goed het ek gereken, die manne is nog in Hazyview en besig om te kuier, sal seker ‘n rukkie neem om by my uit te kom. Daardie slapie nog nie vergete nie...... Ek het net my skoene uitgetrek toe lui my foon- Stephan “Waar is jy? Ons sit op Woodmans se dek he he “ Daar gaan my slapie.
Met my aankoms op die stoep is daar sommer ‘n groot geselskap wat my inwag, gou word voorgestel en stories uitgeruil. Gerhard gee bietjie waardevolle tips hoe om die 22 te ry en daar en dan word besluit om die roete Sabie- Hazyview, Kolwynspas, Graskop en Sabie te doen. Gerhard lei die groep van 5 bikes en ons doen ‘n wonderlike “round trip” en na vele foto’s en stoppe, arriveer ons weer by Woodman’s waar ons TC , Cobus, Rhudi en sy meisie ontmoet.
Dit was reeds aand en daar sou nie weer gery word nie- so ‘n lekker brandewyn/bier/spiced gold het goed afgegaan. Lang stories is vertel en lekker geskinder. Van hier word ek deur ons vriendelike mede Woemers na Mike se plek toe genooi vir aandete. Mike het ‘n gastehuis in Sabie waar die ander Woemers tuisgegaan het. Wat ‘n pragtige plek en na verskeie drankies is vleisgebraai deur ons gasheer en ander bykosse deur sy vrou Marlene voorgesit. Ons het verskriklik lekker gekuier en ek was sommer dadelik tuis in die “vreemde” mense se geselskap. Dis darem iets om te ervaar. Baie dankie vir julle almal Mike, Marlene Gerhard, Stephan, Anje, Adriaan, TC , wat ‘n fees. Na ‘n fantastiese ete en kuier met almal het ek terugvertrek en ongeveer 23:00 by Woodman’s aangekom om ‘n welverdiende nagrus te geniet. Ongelukkig was die opwinding van die dag so groot dat ek letterlik om 02:00 weer wakker was en nie verder kon slaap nie. Stephan, Anja en ek sou die Saterdag terug keer Pretoria toe.
Saterdag oggend 09:00 het ons toe huiswaarts gekeer. Weereens ‘n onvergeetlike naweek. Bietjie kort maar baie lekker. Van die foto’s hieronder is sommer so in die ry geneem. Nogal ‘n storie, met ‘n handskoen, fokus , vet oophou, groot kamera met een hand vashou, potholes “dodge” ens ens.
Weereens dankie aan almal- dit was great en ons maak weer so
!!!
Totale km 938
Kostes:
Brandstof : R 680.00
Tolpad: R 104.00
Verblyf: R 380.00 (enkel kamer met ontbyt)