Die TW is 'n lekker fiets, en is eintlik soos Robin Brown altyd se 'n "agricultural" fiets.
Ek het baie fun met myne gehad!
Vir sandry en stadig speel oor die klippe en in die paaitjies ens is dit 'n goeie fiets, maar ek is net bietjie skrikkerig dat dit vir jou gaan begin verveel en sodra jy besluit jy wil meer waaghalsig raak.
(aan die ander kant, dan kan vroulief of een van die kiddies die bike oorneem by jou en julle kan lekker saamspeel)
My tdub was 'n lekker lae fiets, kon lekker paddle as ek moes, maar om te staan en ry is 'n bietjie van 'n probleem want die handlebars is maar laag en jy ry so bietjie gebukkend wat nie lekker is nie.
Jy kan Tdubs vir lekker goedkoop optel
Dis net 'n voorstel, dalk gaan van die Honde my stenig maar hoekom pm jy nie vir Heddles en hoor of hy een van sy twee XR 200's aan jou wil verkoop nie?
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=69395.0Lekker speelbike en die parte is glad nie moeilik om in die hande te kry nie.
My eerste keuse was ook die Yamaha TTR 250 toe ek op soek was na 'n ander bike, maar ongelukkig is my budget te beperk om so 'n bike kontant te koop. (ek is nie 'n fan van skuld nie!)
Sterkte met die soektog!
Neem jou tyd en moenie haastig wees nie!