RAAD / HULP ASB. WATTER BIKE VIR TRAIL RIDING / PLAAS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bossiekop

Pack Dog
Joined
Nov 21, 2010
Messages
221
Reaction score
0
Location
Durbanville
Bike
AJS (all models)
More honne.  Ek vra byvoorbaat om verskoning aangesien hierdie onderwerp heel waarskynlik al verskeie kere bespreek is.

Ek wil julle kenners se raad vra.  Ek wil graag 'n tweede bike koop en wil dit vir die volgende gebruik:

- Om naweke op die plaas rond te speel.  ( Sand slote te speel, stadig in plaas paadtjies te ry, so nou en dan bietie gas te gee, deur die veld te ry ens.  )

- Soms in die dorp te ry om gou bier te gaan koop ens.

Ek wil nie te veel geld spandeer nie, aangesien dit my tweede fiets is.

Ek het gedink aan Suzuki DRZ 400 aangesien hy ook padvaardig is.  Ek weet hulle is gediscontinue.  Tweede hands?

Ek wil egter ALLE moontlike opsies oorweeg.  Wil goeie huiswerk doen.  Het my mond verbrand laas jaar toe ek 'n totale ontoepaslike racing fiets gekoop het wat glad nie gewerk het op die plaas vir stadig ry / speel ens. nie.

Baie dankie, ek sien uit na julle kundige advies.

Groete
 
Top