11 Motorfietsryers in moeilikheid - Beeld....

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

ThysBasson

Race Dog
Joined
Aug 17, 2010
Messages
965
Reaction score
0
Location
Zeerust - North West
Bike
BMW R1200GS Adventure
Gestuur deur: Linelle het vir jou 'n skakel gestuur na 'n storie op Beeld.com

Boodskap:Kan jy glo? Almal weet die motorfietse ry daar!! Lekker suur omdat hulle nie bike ry nie




11 motorfietsryers vas oor jaag in 80 km/h-sone

2011/07/10 09:38:30 PM
Pleks van by ’n saamtrek vir motorfietsryers te wees het 11 motorfietsryers gister ’n uur of wat agter tralies deurgebring omdat hulle teen gemiddeld 150 km/h in ’n 80 km/h-sone gery het.

Een van die ryers, ’n 50-jarige ­sakeman, het teen 168 km/h in dié 80 km/h-sone tussen Bapsfontein en Bronkhorstspruit gery.

Op dié stuk pad is daar gereeld botsings, waarvan baie noodlottig is.

Me. Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die Gautengse verkeersdepartement se hoëspoed-eenheid het gister tussen 08:00 en 11:00 ’n spe­siale operasie daar gedoen, sowat 5 km van ’n plek waar motorfietsryers Sondagoggende saamtrek.

Soos die ryers voorgekeer en gearresteer is, is hulle stadig na die Welbekend-polisiekantoor begelei.

Daar is die motorfietsryers in die selle aangehou totdat hulle later op borgtog van R1 500 elk vrygelaat is, het Nxumalo gesê.

Hulle moet vanoggend in die landdroshof in Bronkhorstspruit op aaklagte van roekelose of nalatige bestuur verskyn en omdat hulle die spoedgrens oorskry het.

In ’n soortgelyke operasie drie weke gelede op dieselfde stuk pad is 14 motorfietsryers aangekeer.
 
Top