Liewe Dr,
My pa en ek woon in 'n woonstel en ons het 'n radio en 'n TV. Hy is 'n wewenaar en ek is ongetroud. Onder ons woon 'n weduwee en haar dogter, sonder 'n radio of TV. Hul kom kyk gereeld by ons en ek raak toe verlief op die weduwee. Ons trou toe uiteindelik.
Intussen raak my pa verlief op die dogter en hulle trou toe ook.
Net daar begin my probleme. Omdat my pa met die dogter van my vrou getroud is, (ook my dogter), is my dogter nou my ma. Ek is ook terselfdertyd haar pa, omdat ek met haar ma getroud is. Verder is my pa my vrou se skoonseun en ek is dus sy skoonpa odat ek met die ma van sy vrou getroud is...