Woema,,,,,,,,, dit moes eerder BMW se tydskrif gewees het.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Jakkals

Grey Hound
Joined
May 7, 2009
Messages
6,509
Reaction score
112
Location
George Western Cape
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Partykeer kan ek maar net sit en lag vir hierdie ou mensdom van ons.

Ek het nogal gedink dat 'n tydskrif soos Woema net die regte tydskrif sou wees wat ons DS ouens nodig het maar groot was my skok toe ek die nuutste uitgawe lees en agterkom dat die ouens of te wel Mnr Gideon Van Oudtshoorn ook maar net iets skryf om die tydskrif vol te maak maar nie sonder om BMW ook 'n "boost" te gee nie.

Dalk het Mnr Van Oudtshoorn goed gedink en sy huiswerk gedoen toe hy oor die geskiedenis van die Yamaha Ténéré geskryf het maar die manier waarop hy sy rubriek eindig het my lekker laat lag.

Op die einde van Mnr Van oudtshoorn se rubriek wil dit vir my voorkom asof hy wil voorgee dat BMW eintlik die beste is en dat die ander ouens kan leer hoe om 'n fiets te bou by BMW. Ek stry nie die ander ouens kan wel by BMW gaan leer hoe om bemarking te doen en dan ook so hulle verkope  verhoog maar ek is gelukig nie een van daai ouens wat my om die bos laat lei deur bemarking tegnieke nie.

Hoe het die Mnr Van Oudtshoorn gedink toe hy sy rubriek afsluit deur te skryf dat die enigste probleem is dat as  jy met BMW wil kompeteer ALLES op jou fiets moet goed wees en dat daar nie plek is vir ontwerp foutjies is nie. Wees PERFEK of kompenteer met die mindere.

Nou asb Mnr Van Oudtshoorn, ek is 'n ou soos wat iemand van tevore op die forum gesê het nie 'n ou wat brand ry nie maar wel bike ry en ek moet jou teleurstel deur met jou mee te deel dat BMW nie so perfek is soos wat jy dalk dink nie en ook maar sy swak punte het. Gaan kyk maar na die "swing arm, die ABS stelsel en die Traction control op die Ténéré, volgens my 'n baie beter ontwerp as die van BMW.  Dieselfde gaan ook op die sogenaamde suspensie versteling deur die druk van 'n knoppie, hoe het BMW geweet hoe swaar die ryer is en of hy pilion en wat se vrag hy laai as gaan toer so hoe het hulle die Hard , Medium en soft uitgewerk. Die Ténéré se suspensie is ook ten volle verstelbaar maar is meganies en dit gee vir my 'n baie meer presiese versteling wat pas by my gewig en ry styl. Soos wat daar in 'n vorige rubriek geskryf was die Ténéré het alles op wat jy op 'n DS fiets nodig het is 100 % waar.

Kyk daar is geen fiets wat perfek is nie maar as ek so rondkyk lyk dit vir my asof die Ténéré's maar net terug gaan workshops toe vir dienste ens, ja ek weet daar was 'n "Re call" op die top box bracket maar so was daar ook al baie "Re call'S" op die BM's onder ander ook op die top box bracket. Die kere dat ek by BMW se workshops was het daar elke keer heelwat fietse gestaan vir reperasie en ek praat nie van ongeluks reperasies nie maar breuke. So dit sê tog seker iets.

So hier sit ek ook nou en lag vir myself omdat ek my aan mense met oog klappe aan steur  maar tog voel ek ek kan oor dit skryf want ek is nie een van hulle nie en kan ek lekker lag oor hulle onkundigheid en hoe hulle aan hulle neuse rond gelei word deur bemarking.
 
Top