Eerste Trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rider392

Pack Dog
Joined
Jun 15, 2011
Messages
194
Reaction score
0
Location
GEORGE,WESTERN CAPE
Bike
Honda XL650V Transalp
:biggrin: :biggrin:
So ja, die eerste trip op grond het aangebreek, dit was tyd vir my en die Alp om mekaar beter te leer ken. Om my hand vas te hou en vir raad en advies kry ek vir Buks(WD), n ou biker Sampie en n jongman Stiaan om saam te ry.
Soos gewoonlik is ek 20 minute vroeg maar dit gee my toe tyd om rustig n koffie deur te werk terwyl ek vir die ander wag. En natuurlik om weereens my Alp in die daglig te beskou. Kry jy ooit genoeg daarvan?
Gelukkig bly die reen weg en ons vat die pad, oor Montagu, Dysselsdorp, polissiekoffie op De Rust net om my senuwees te kalmeer. Sampie en Stiaan ry vooruit en wag nie by n afdraai vir ons. Belangrike les, wag vir jou stadiger maatjies by enige kruising wat verdwaal tot gevolg kan he.
Buks op sy Husky, Stiaan op sy F650 en Sampie op die nuwe 660 Tenere, maak die pap sommer van die begin af dik aan. Ek verloor amper my voorwiel op een van die eerste draaie in Montagu en besef ek sal rustig moet wees want anders kom ek en die bike nie heel huistoe nie. Sal so gou moontlik meer agressiewer voorwiel opsit. En Crasbars!!
Van daar gaan dit goed sonder enige oopsies!!.  Volgende stop is Wilgewandel vir die rugby, ek ry voor op die Oude Muragie pad en Sampie druk my hard, gelukkig kom ons veilig by die teerpad aan en kan ek ontspan!
Geen TV by WW en deurdruk Oudtshoorn toe. By die Spur eet ons iets lig en spoel dit af met die nodige. Rugby is vervelig en ons ry terug.
Dit gaan toe beter van daar af en kom in die koue weer oor Montagu George binne. Dros is ons laaste stop en nabetragting word gedoen. Vir my n leersame uitstappie en die gogga byt al harder!
Dankie aan my ry-maats! Ons maak gou weer so!
 
Top