Lekker alleen in die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dikdaan

Pack Dog
Joined
Apr 22, 2010
Messages
106
Reaction score
0
Bike
BMW R1200GS Adventure
Na 'n volle jaar ... my 1ste ride report. Jammer vir die afrikaans. Ek praat net goeie engels as ek onder die prop is.

Daar is verskeie redes hoekom mens sou besluit om die stof-scooter op 'n solo trip te neem. Jy kry of niemand met verlof daardie tyd nie. Of jy besluit om af te sluit. Jy vergeet van alles en konsentreer op wat jy doen ...... anders val jy jou gat af! Jou gedagtes is met dit wat jy besig is om te doen.

Jy moet die trip 'n mate van avontuur gee deur te gaan daar waar jy ten miste self nog nie was nie. Right! Ek het besluit op die Karoo. Ek like skaaptjops!

Hierna volg 'n oorsig van my trippie. 6 Dae op my eie. Die fotos vertel die storie maar ek sal nou en dan iets byvoeg. Die Karoo is toe nie so plat en droog soos ek gedink het nie.

Hou op lees as dit boring raak....... of geniet dit!
 
Top