Ons het lekker laat gelê die volgende môre, rustig die fietse gepak, opgestok op water en ons was weg.. nog baie van die driffies langs pad gekry..

Die pad was plek-plek meer uitdagend en die manne wat hierdie paaie in stand hou gooi gate met takke toe, by hierdie spesifieke een het ek agter gery, die manne nader gehardloop om my die regte lyn te wys, klein bietjie laat... Die uit-einde lê Bob onder my bike en ek staan langsaan, video clip baie snaaks..

Die klip gedeelte in my slogan op ons stickers het hierdie dag redelik van toepassing geword, daar was genoeg klip, vir km's..



Die pad maak weer lekker oop, met 'n gelaaide fiets sal jy 'n groot k@k hier regkry..

En so het dit vir die dag aangehou, regtig, ekt gebid vir sand..net nie klip..


Die swart-haak het ons maar gepiets en oop visor sonder 'n bril kon jou maklik laat met min-tot geen sig vir die res van jou lewe..


Die track het maar weggeraak op sekere plekke en Bob gaan soek en laat weet ons kan maar gooi..

Ons het 'n vinnige lunch gevat, Bob so 4-5 sigarette gerook en ons gooi weer, nou kry ons die Cunene, Monte Negro misgery..


Hier kan mens sien die manne het redelik reën gehad, baie van die modder gekry deur rivierlopies..

En dan ry ons weer bietjie klip..

Hier het Nico 'n af gehad en die fiets het bietjie ongemaklik bo-op die ou gelê, as ek 'n foto sou wou neem sou ek op my mo&r gekry het..

Die manne stop, Bob wil rook, hy gooi bietjie Nico se radiator nat..



Dis nou een ding wat ek volgende keer saamry, 'n "wireless" om my nek, ek het gedink ek raak mal toe die Chinese musiekfabriek daar deur die bosse kom..

Ons begin kampplek soek..