Die volgende oggend maak ons gou breakfast, en dan gaan ons bietjie Lubango toe en bietjie rondkyk..

Ons het sommer 'n aansit ontbyt..

En Abri gesels bietjie boerdery met die man... "Jong, nou waa kry julle julle goed vandaan, het julle ook 'n Landbou?? Waa leen mens geld??" en toe ons die 1ste bier in Lubango drink sê die ou, f@k, ek's bly ek boer maar by Pools (mag nie sê Piketberg

)

Ons trek gou geld..en Bob sleep vir Abri brand...Ons het bietvan die ou vergeet en gery voor Bob hom kon brandsleep, Nico het toe maar gehelp en Abri kom vol stof daar'aan, Nico die ou platgetrek..

Ons ry eers uit na die bekende Tunda Vala, die kranse waar daar glo duisende mense afgegooi is, later klink dit my dit was maar enkelinge, en ons kan nie tot by die kkranse nie, hulle is besig om die parkeer-area netjies te maak, Bob tease weer en vat ons daar op 'n sprocket-breek pad maar die afêre hou darem, dis moeilik om te stadig tegnies te ry..
Ons soek vir Josè, en vertel hom van die SA bikers, hy kom met 'n groot trok daaraan en is besig om te werk, gou-gou sê die kêrel...'You follow me, I show you good place for eat and beer, I stop work today, no worries'...en daai klink reg vir my..






