Right, ons is vroeg die volgende oggend weg vanaf Kamanjab rigting Ruacana, nou kon ons dit nie meer hou nie, plan was om ons bakkie by Eha Lodge Ruacana te los, die fietse te pak en net oor die grens kom en kampplek soek, bietjie optimisties op daai stadium gewees..
Al wat daar onthou moes word is die steak... So 15km anderkant Kamanjab vra een etter, boys waars die steak?? Hokaai, trailer word afgehaak en die manne draai terug vir die steak, ek en Bobsie vat solank 'n OBS sopie..

Oppad het ons darem geleentheid gekry om die auntie by hierdie mall te ondersteun, yskoue goed wat sy daar smous, regtig lekker


Net voor Ruacana stop ons gou weer om die plaaslike bevolking te ondersteun...

Dit was nie lank nie of- ek en die grootman beklink 'n ruiltransaksie.

Right by Eha Lodge aangekom begin elke man sy fiets pak, ons het water en petrol aangevul by Ruacana en ons beur grens toe...



